Webwerf Soek:


 
   
Eredienste
Eredienstye | Eredienste | Preke |
Padkaart na Helderberg Gemeente
   
   
   
  Meditatiewe diens
  'n Erediens gerig op mense met 'n mistieke spiritualiteit – mense wat God in
  stilte en eenvoud soek. Daar is drie meditatiewe dienste elke Sondagoggend.
  Nagmaal word by elke diens bedien. Die dienste vind plaas in die kapel.
   
  Klassieke diens
  Die klassieke elemente van gereformeerde eredienste, sang die liedboek, en
  gereelde deelname van die kantory is kenmerke van hierdie erediens. Dit is
  elke Sondagoggend om 08:00 - 09:00 in die kerkruim.
   
  Informele diens
  'n Erediens met 'n informele karakter, waar die sang begelei word deur 'n
  orkes met kitare en dromme en gereelde getuienisgeleenthede. Dit is elke
  Sondagoggend om 09:30 in die kerk en duur tot 11:00
   
  Aanddiens
  Die aard van die Aanddiens sal lering (teaching) wees. Aktuele onderwerpe
  en vrae sal deurgetrap word met die Bybel as riglyn. Na 40 minute se lering,
  is daar 'n geleentheid vir mense om te bly vir 30 minute se aanbidding met
  sang wat deur 'n orkes met kitare en dromme gelei word.
   
  Kleuterkerk
  Dit word tydens die kwartaal in die Helderhoekie kerk gehou vir voorskoolse
  kinders, terwyl die oggenderedienste in die kerkruim aan die gang is. Die
  kinders leer geestelike liedjies, hoor Bybelverhale en kry tyd om onder toesig
  te speel en te kuier.
   
  Kiddiekerk
  Dit is 'n erediens wat spesifiek gerig is op die groep van Gr 1 tot 3. Die diens
  vind om plaas in 09:30 die Bruinsaal. Die diens duur sowat 40 minute,
  waarna die kinders verdaag en na hulle lokale gaan vir Jeugaksie.
   
 
 
  >> Volgende
 Alle regte voorbehou © 2007 NG Helderberg Gemeente Web Meester:: Marietjie Botha