Webwerf Soek:


 
   
Evangelisasie Projekte
Alternatiewe Bediening |Annalise Wiid | Bybelverspreiding| Gespreksgroep|
Internasionale Studente | KidsXpress | Kinderevangelisasie | Kom Saam | Moslem Bediening
 

Internasionale Studente
Projekleier: Hans Krijt
Maak 'n Donasie
 

Projekleier: Hans Krijt 082 333 8008 hans@tlabs.ac.za

Sendelinge: Jurie en Magdaleen Goosen, 083 325 5920, goosens@isales.co.za

Universiteite in die RSA ervaar ‘n groot toename in die getal studente uit die buiteland. Op die kampus van Stellenbosch is meer as 2 000 buitelandse studente 80 van lande. Baie internasionale studente worstel met kultuurskok en taalprobleme, aangesien hul weg is die van ondersteuning van familie.

 
Jurie en Magdaleen en hul drie seuns reik uit na die internasionale studente, wat
hoofsaaklik nagraadse studente tussen 30 en 40 jaar oud is. Hulle bedien die studente
deur middel van ‘n vriendskap-en gasvryheidsbediening. ‘n Netwerk van deeltydse
medewerkers in Stellenbosch gee morele ondersteuning aan studente. Magdaleen bied
‘n weeklikse ondersteuninggroep vir eggenotes van studente, wat dikwels eensaam is, aan.
Hierdie bediening bied geleentheid om by wêreldsending betrokke te raak sonder
om jou omgewing of bestaande werk te verlaat. Baie studente kom uit geslote lande
in die 10/40 venster waar hulle min of geen toegang tot die evangelie het. Hierdie
studente is die room van hul lande en toekomstige meningsvormers en leiers en hulle
kan die evangelie terugneem na hulle lande van herkoms. ‘n Weeklikse
Bybelstudiegroep stel studente bekend aan God se liefde.
Ondersteun die projek deur:
Gereelde voorbidding en ontvang gebedsversoeke per epos.
Geldelik bydra deur geloofoffers tot Goosens se lewensonderhoud, dis ‘n geloofsbediening.
Geldelik bydra tot bedieningsuitgawes
 
 
 
 
Plaaslike Projekte | Ontwikkelings Projekte | Evangelisasie Projekte | Internasionale Projekte
 Alle regte voorbehou © 2007 NG Helderberg Gemeente   Web Meester:: Marietjie Botha