Kids Xpress publiseer kinderbediening-hulpbronne sodat kinders meer effektief met die
Evangelie bedien kan word. Ons visie is om uitdrukkings van God se liefde te skep wat
indrukke op kinderlewens maak. Kinders leer God en die Bybel ken deur speletjies,
interaktiewe Bybelstudie en saamdoen-aktiwiteite.
In die Helderbergkom word Kids Xpress se materiaal gebruik deur NGK Helderberg,
Lourensrivier en Hottentots-Holland, die “Friends” gemeente asook Tereo Mission School. In Pretoria bedien PEN-Aksie 500 middestadskinders daarmee. Die VCSV gebruik dit in meer
as 100 laerskole. In Darling word ongeveer 200 plaaskinders bedien. Elke week hoor
ongeveer 20 000 kinders ladswyd die Evangelie d.m.v. Kids Xpress se materiaal.
aak betrokke deur finansiële bydraes en hulp met skryfwerk, navorsing, taalversorging, illustrasies, grafiese ontwerp en bemarking
|