|
Daar word kwartaalliks ’n byeenkoms gehou vir nuwe lidmate waarin hulle verwelkom
word en bekend gestel word aan sleutelfigure en aktiwiteite van die gemeente.
Enige persoon is welkom om deel te neem aan die bedrywighede wat deur Helderberg gemeente aangebied word(eredienste, jeugbediening, omgeebediening,
uitreikaksies, ens.).
Besprekingsonderwerpe by die byeenkoms:
- Ontmoet die leraars en ander sleutelfigure in die gemeente.
- Visie, waardes en struktuur van die gemeente.
- 7-Dag Christenskap, rentmeesterskap en jou roeping en verbintenis.
|