|
Die Lumina-projek belê in die lewens van kinders in die St Pauls Skool op die Faure
Wynplaas. Heleen Otto, die projekleier, is die leerder-ondersteuningsonderwyser en gebruik
die holistiese onderwysbenadering in die ontwikkeling van kinders. ‘n Voedingsprogram, arbeidsterapie, gesondheid, higi ë ne, tandversorging, stimuleringsprogramme, lewensvaardigheidsprogramme, ens, word aangebied om die kinders die geleentheid te
bied om tot hulle volle potensiaal te ontwikkel. Ontwikkelingsprogramme vir die ouers word
ook in die vooruitsig gestel.
Die projek kan ondersteun word deur praktiese hulpverlening, bv leeshulp in die klasse, lewensvaardigheidsprogramme vir ouers en kinders en geloofoffers om die nodige
hulpmiddels te voorsien.
|