| |
Helderberg Uitreik is sedert 1994, in vennootskap met Durbanville Bergsig Gemeente, by evangelisasie in die Milange-omgewing betrokke in die noordelike gedeelte van Mosambiek. Milange is 98.7km suidwes van Blantyre in Malawi. Drie nuwe vennote het by die projek aangesluit naamlik: NG Tulbagh, NG Franschhoek in 2008 en NG Ficksburg in 2009. Die bediening fokus op koninkrykuitbreiding en geestelike groei vir 'n kerk wat mooi groei. Milange is die basis waarvan Kobus Eksteen, die sendeling, werk met nege gemeentes wat hy besoek en oplei.
Jy kan betrokke raak deur gebedsondersteuning, praktiese hulp en finasiële steun.
|