Die projek leer Mosambiekers lees, sodat hulle die Bybel kan lees. Daar word hard gewerk daaraan om weg te beweeg van die tipiese Afrika “bedelaarsindroom” deur van die Mosambiekers te vereis om tydens registrasie eers self 10% tot die koste van die geletterdheidskursus by te dra, voordat die ander 90% vanuit Suid-Afrika bygedra word.
Die koste van so ‘n kursus beloop R3,000 en enige individu of groep kan 20 Mosambiekers
help om te leer lees, deur R2,700 by te dra.
Ook word daar gefokus op volhoubaarheid van die projek deurdat John Roux bestuursvaardighede en ander leierskapvaardighede aan Iron Peterson oordra en hom oplei
as Direkteur van Geletterdheid van die Gereformeerde Kerk in Mosambiek. John is reeds die afgelope 10 jaar werksaam in Mosambiek, tans in Milange in die Zambesia-provinsie.
Stephanie bedryf haar talent van gasvryheidsbediening deur besoekers op Milange te
ontvang. Jy word uitgenooi (uitgedaag?) om by Milange te gaan kuier. Kontak gerus vir
Bertus van Schalkwyk as jy hierdie projek wil ondersteun deur:
Die gereelde nuusbriewe te ontvang
Die projekspan te help met bestuur van die projek
‘n Finansiële bydra te maak sodat Mosambiekers die Bybel kan lees.
|