Die visie van hierdie projek is om Chris tus sigbaar te maak deur mediese versorging van die plaaslike mense in die Milange omgewing en om hulle te bemagtig om verantwoordelikheid te neem vir hulle eie gesondheid. Saam met ons vennote (Kuilsrivier en Bergsig NG gemeentes)
wil ons die nood van hierdie mense help verlig. Dr Daniel Martin was tot 2007 die
sendeling-dokter in Milange en sal middel 2008 vervang word deur drs Roberto en
Laura Gomez. Die dokters se bediening behels mediese sorg by die plaaslike Milange
hospitaal, mediese dienste by twee klinieke te Nambuzi en Magoloma en ook mobiele klinieke. Inligtingsessies oor voorkoming van siektes en seminare oor die medisinale gebruik
van plante word aangebied. Verder is daar ’n voedingsprogram wat fokus op weeskinders,
kinders van HIV-positiewe moeders en ondervoede kinders. Die sendeling-dokters is ook
betrokke by prediking, Bybelse lering en musiekbediening.
Jy kan die projek ondersteun deur jou voorbidding en finansiële ondersteuning.
|