Webwerf Soek:


 
   
Hoe raak ek betrokke ?
Ek wil 'n lidmaat word | Omgeegroepe en wyke | Bybelstudiegroepe
So kan jy help | Uitreikprojekte | Maak 'n bydrae | Gebed
 
Omgeegroepe en Wyke
Omgeegroepvrae 18 Julie 2010 - 25 Julie 2010
 
   
  Versorgingsbediening: Omgeegroepe en Wyke
Ons glo die hele gemeente aanvaar verantwoordelikheid vir mekaar
se versorging. Dit is nie eerstens die leraars of ander gemeenteleiers
se verantwoordelikheid nie. Daar is veral twee bedienings in die gemeente
wat hiermee help, naamlik die omgeebediening en wyksbediening.
Lidmate maak self ‘n keuse by watter een van hierdie bedienings hulle wil
inskakel.
 
Omgeegroepe
Die omgeebediening is ‘n beter versorgingsmodel, maar vra ook ‘n groter
verbintenis van lidmate. ‘n Omgeegroep is ‘n kleingroep van ongeveer 5
gesinne of 10 persone wat op ‘n gereelde basis (weekliks of tweeweekliks)
op ‘n tyd en plek van hulle keuse bymekaarkom. Die doel van die
omgeebediening is om mekaar te help om die visie van die gemeente
op ‘n praktiese manier uit te leef deur:
 
* mekaar te help om God te aanbid deur onder andere gebed en sang;
* mekaar onderling in liefde te versorg;
* mekaar op te bou deur middel van God se Woord;
* mekaar te ondersteun sodat elke lid kan uitreik na mense en ‘n wêreld in
   nood.
 
Enige persoon kan lid van ‘n omgeegroep word. Hy/sy hoef nie eers lid van
n kerk te wees nie. Al voorwaarde is dat die persoon bereid moet wees
om die verbintenis te maak. Kontak ’n vriend/in wat alreeds in ’n omgeegroep
is óf Marié van der Bank by die kerkkantoor as jy lid van ’n omgeegroep wil word.
 
Wyke
Die wyksbediening bied ‘n basiese versorging waar lidmate geografies
by ‘n dienswerker en wyksleier ingedeel word. Dienswerkers word aangemoedig
om maandeliks besoek af te lê om ondersteuning te bied en die
gemeentekoerant (Helderstem) af te lewer. In enkele wyke word daar
maandeliks of kwartaalliks byeenkomste gehou.
 
 
 Alle regte voorbehou © 2007 NG Helderberg Gemeente   Web Meester:: Marietjie Botha