* van bewusmakingsgeleenthede rondom Vigsherdenking Sondag in Mei, Rooi Strikkie-maand
in November en Wêreld-Vigsdag in Desember
Artikels in die Helderstem
*
Die aankoop van MIV-verwante DVD’s en literatuur wat gemeentelede kan uitneem by die kerkbiblioteek.
Ons uitreik na die gemeenskap word gedoen deur:
*
Omgee-Kalender-projek – hierdie projek
het ten doel om gemeenskapsorganisasies
wat op MIV fokus se personeellede deur die jaar te bemoedig en ondersteun
*
Omgee-Sakkie-projek – ons verskaf ‘n klein sakkie met toiletware vir elkeen van Helderberg Hospice se binnepasiënte
*
Verskaffing van etes vir Helderberg Hospice se twee MIV-ondersteuningsgroepe
*
Borg-‘n-kind-projek van Beautiful Gate waardeur ons finansiële, morele en gebedsondersteuning gee aan ‘n MIV-positiewe seun
*
Finsiële ondersteuning vir die Christen Vigsburo van Suidelike Afrika, Vigstaakgroep van die NGK-familie.
Jou betrokkenheid en ondersteuning kan ons help om meer sigbaar te raak en ‘n groter impak
in ons gemeente en ook gemeenskap te hê.
Vir meer besonderhede, kontak asseblief die projekleier.
|