'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Jesus het werklik opgestaan! Dit is baie maklik om Jesus se lering te volg, om jou te vereenselwig met mooi en gesonde dinge wat Jesus vir die mense van sy tyd en vir ons leer. Dit is ‘n gesonde leefwyse, ‘n manier van omgang met ander wat baie waarde toevoeg aan die gemeenskap en aan jou eie lewe. Dit sou selfs ‘n mooi godsdiens wees.

Om egter te glo dat Jesus opgestaan het, is iets heeltemal anders. As die opstanding van Jesus vir jou ‘n werklikheid is verander dit jou lewe radikaal. Dan word die mooi godsdiens, diens aan God. ‘n Lewe wat geleef word uit verwondering, dankbaarheid en hoop! Die onmoontlike word die realiteit waarin ons leef. Sondige mense wat nooit kan verdien om vergeef te word nie, word vergeef! Sukkelende gelowige mense word in die teenwoordigheid van die almagtige God ingenooi as mense wat geheilig is. Skaamte, self-veroordeling en minderwaardigheid word verander as God sê ons is sy geliefde kinders!

Ons word geroep om die onmoontlike hier op aarde te kom deel met ander. Die opstanding van Jesus is DIE wonderwerk wat ons nooi om God se wonderwerke hier op aarde voort te sit. Kom deel hierdie Sondag saam in die viering van die Opstanding van Jesus.

Groete
Paul Barnard

Baie dankie Jesus dat U ons gered het.

Elkeen van ons kom in situasies waar ons verskillende emosies beleef. Ons lees in die evangelie van Lukas iets hiervan: Die skare wat opgewonde skree in Jerusalem se strate “Geseënd is die Koning” (Lukas 19:38) en ’n paar dae later die skare wat skree “Kruisig, kruisig hom” (Lukas 23:21). Die skare wat opgewonde is in Jerusalem (Lukas 19:37) en dan weer Jesus wat huil oor Jerusalem (Lukas 19:41).

Ons berei ons voor vir Paasnaweek en hierdie Sondag vier ons Palmsondag. Jesus ry op ‘n donkie in Jerusalem en die skare wil Hom koning maak. Watter soort koning verwag jy? Is jy bereid om vir Jesus as ware Koning te aanbid?

Kom ons gesels Sondag verder hieroor en die teksgedeelte van Lukas 19:29-44.

Danie O’Kennedy

Volgende week is dit Heilige Week. Soos gebruiklik sal daar stasies wees waar jy kan gaan stil sit en die laaste dae voor Jesus se kruisiging kan beleef. Dit is 'n plek waar jy kan bid, kan voel en sien.

Jy word uitgenooi om van die stasies gebruik te maak en dit help jou ook met jou voorbereiding vir Paasfees.

Die meeste stasies is in die Tent en sal die hele dag beskikbaar wees. By die Bet-El muur is ook ‘n stasie met klippe wat beskikbaar is. Kom kyk gerus volgende week en maak gebruik daarvan.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri