Ons tema vir hierdie Sondag is eenvoudig, “Mind the Gap”. Ons sien uit om saam te lees vanuit Paulus se woorde in Romeine 15:1-6. Ons word herinner dat afstand tussen mense ‘n kosbare ruimte van God se teenwoordigheid is. Paulus help ons om te besef dat waar daar afstand is, is die daar nabyheid. Dit is juis in hierdie tyd moeilik om mense te ondersteun. Paulus help ons om in die gaping vir mense te staan wat self dit nie kan doen nie.
Tydens Sondag se uitsending gaan Pieter Gouws ons in aanbidding bring met die lied “Good Good Father”. Maak seker om in te skakel by ons YouTube-kanaal of volg ons op Facebook. Kom deel in Sondag se diens saam met Deon Els.
Die deurkollekte gaan vir Omonia-vlugtelingprojek.