Wanneer: Tydens informele diens
Waar: Pienkvoetelokaal in Korinthe
Pienkvoete is ‘n oppasdiens vir 1 – 3 jariges wat ouers die geleentheid bied om met gemoedsrus kerk toe te gaan, terwyl hul kleinding in goeie sorg is.
Daar is speelgoed, legkaarte, storieboekies en vele meer om kinders mee besig te hou. Indien die kind nog nie gereed is om alleen by Pienkvoete te bly nie, is ouers welkom om saam met kleinding daar te bly. Die kerkdiens kan ook hier op ‘n groot skerm gevolg word.
Kontakpersoon: Annette Botha