Harmony Projek is deel van Helderberg Uitreik (NPO) wat daarna streef om individue en hul kinders wat geraak word deur egskeiding en enkelouerskap te mobiliseer om draers van Christus se hoop te wees.

Deur die verskillende programme, Divorce Care, Divorce Care for Kids, Single & Parenting en Grief Share, wat Donderdae-aande oor ‘n periode van 13 weke aangebied word, word toerusting en ondersteuning gebied aan volwassenes en kinders om hul te help met die herstel van verhoudinge. Verder wil ons in tye van nood ondersteuning bied op geestelike- en emosionele vlak, maar ook op praktiese wyses. Daar word gepoog om nie net alleen te help nie, maar ook om persone te bemagtig. Hierdeur word God se liefde aan persone en hul kinders gedemonstreer. Dié programme kan deur enige persoon in die gemeenskap bygewoon word wat geraak word deur enkelouerskap, egskeiding of dood van geliefde.

Ons kom vanaf 17:30 bymekaar in die Tent en begin dan stiptelik om 18:00 - 20:00 met die verskillende programme in onderskeie lokale.

Kliek op die verskillende programme om meer daaroor te lees of kyk op http://www.churchinitiative.org/
- GiefShare
- DivorceCare
- DivorceCare4Kids
- Single&Parenting

Moenie alleen hierdie pynlike pad loop nie – daar is mense wat verstaan en jou kan ondersteun. Enigeen is welkom, ook nie-lidmate.

Donateurs en Adviseurs
Wil jy ‘n verskil maak in ouers en hul kinders se lewens wat ondersteun word deur Harmony projek? Dalk kan jy help met die volgende:
• Betroubare diensverskaffers bv elektrisiëns, motorwerktuigkundiges, nutsman-take,
• Noodverligting in bv geskenkbewyse vir kosaankope, lugtyd en brandstof, motordiens.
• Regsaviseurs, finansiële kundiges,
• As restauranteur, haarsalon, bloemiste kan jy ook jou dienste gratis of teen ‘n verminderde fooi beskikbaar stel.
• Enige skenkings of ondersteuning vir skoolfonds, skooltoerusting, kampe, ekstra klasse in bv wiskunde.
• Bydraes om geskenk- of bederfpakkies te vul vir bv Moedersdae, Vadersdae en Kersfees.

As ‘n projek van Helderberg Uitreik, kan donateurs kwalifiseer vir ‘n Artikel 18A sertifikaat (032-078-NPO). Enige donasies kan inbetaal word by:
Rek naam: Helderberg Uitreik
Verwysing: Harmony
Bank: ABSA (Helderberg)
Takkode: 632005
Rek nr: 9114483080

Rig enige navrae aan Annette Botha 

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri