Hierdie Sondag staan in die kerk bekend as die Sondag van Hoop. Dit is die eerste Sondag van die Adventstyd. Advent is die maand van afwagting en uitsien na Kersfees. Ons gaan lees uit Jeremia 33 wat in die middel van moeilike tye die mense aanmoedig om hulle kop op te tel. Daar is goeie dae wat kom! Die woorde van Jeremia was meer as leë beloftes. Die Goeie Nuus het waar geword!
Aan die einde van ‘n moeilike jaar word ons ook uitgenooi om ons kop op te tel. Die Goeie Nuus van die Messias is meer as hol beloftes – dit is waar ook in 2021.
Ons sien jou Sondag in die kerk:
Klassieke diens 08:00
Meditatiewe diens 08:30
Informele diens 09:30
Kiddiekerk 09:30
Aanddiens (Kapel) 19:00