Helderberg Ontwikkelingsentrum beplan om die week van 6 – 10 Junie 2022 ‘n halfdag, “Huisbestuur vir Bejaardes”-werkswinkel aan te bied. Dit is nie ‘n versorgingskursus nie en is spesifiek gerig op huishulpe wat huisskoonmaakwerk doen in omgewings waar bejaardes woon.
Dié kursus is daarop gemik om vir hulle addisionele kennis te bied om hul dienste optimaal te kan lewer, met ‘n sensitiwiteit vir bejaardes se unieke omstandighede en behoeftes. Koste is R750/persoon.
Navrae: epos aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of skakel 021 852 5720 tussen 08:30 – 12:30.