Dit is die wegspring van ’n splinternuwe jaar. As ek terugdink aan daardie eerste dag terug by die skool dan kry ek nou nog so leë gevoel op my maag. Wat gaan gebeur? In wie se klas gaan ek wees? En nou as volwassene is ek steeds so bietjie onseker oor die nuwe jaar. Wat lê voor? Hoe gaan ek alles gedoen kry?
Hier by Helderberg Gemeente wil ons graag die jaar reg begin. Ons nooi jou daarom uit om saam met ons om die tafel te kom sit. En hierdie Sondag tydens ons eredienste gaan al 6 leraars saam gesels oor ons reeks vir die volgende 7 weke, Om die tafel saam met Jesus. Maak seker jy mis nie hierdie spesiale naweek nie. Jy is genooi. Waag dit om iemand saam te nooi.
Ons sien uit om jou te sien.
Groete, Deon Els