Die VenSel Dagsorg Sentrum (VenSel DSS) is die jongste projek wat by Helderberg Uitreik geregistreer is. Vengesai en Selina, wat die behoefte van ouers in die Lwandle- en Nomzamo-omgewing geïdentifiseer het, het die VenSel DSS begin om kinders te versorg en opvoeding te gee terwyl hierdie ouers by die werk is. Die projek se visie is "om toeganklike vroeë leer- en kindersorg programme van hoë gehalte aan minderbevoorregte kinders teen 'n bekostigbare fooi te bied en te bevorder. "

Tans baat VenSel Dagsorg Sentrum by ondersteuning deur die voorsiening van voedsel as deel van die Dienssentrum se program by Helderberg en deur ad hoc skenkings. Die projekspan het ook spesifieke behoeftes geïdentifiseer t.o.v. voedingsbehoeftes, opvoedkundige voorrade om vroeë kinderontwikkeling te bevorder en beter toegeruste fasiliteite om die ontwikkeling en versorging van die kinders by VenSel DCC te verbeter.

Die projek het ook verder VenSel ondersteun met die volgende inisiatiewe of hulp:>>

· Herstel van dak wat gelek het
· Voorsiening van gasstoof en yskas om kombuisfasiliteite te verbeter
· Verdere ondersteuning na ‘n brand en diefstal by VenSel DSS
· Ondersteuning aan ma en seun wie se pa tydens ‘n misdaad om die lewe gebring is.
· Ondersteuning tydens die jaarlikse gradeplegtigheid van die 2023 skool beginners, hier het ons ondersteun met:
o Donasie vir skryfbehoeftes pakkies
o Donasie om by te dra tot die koste van die gradeplegtigheid
o Deur middel van Samaritan’s Shoes organisasie verskaf van skoolskoene

Jy kan ook vir VenSel DSS help deur die volgende:
· Verdere herstelwerk na die brand skade, beide ten opsigte van materiaal en kundigheid of werkers
· Gereelde voorsiening van voedsel wat meer spesifiek of voorskoolse kinders voedingbehoeftes aanspreek.
· Skoolskryfbehoeftes vir voorskoolse kinders.

Die projekspan wil vanjaar uitreik deur ook ander HU projekte betrokke te maak soos bv. Hemel-op-Aarde projek. Ook is die projekspan gefokus om hierdie jaar meer betrokke te raak by ontwikkeling en inisiatiewe om VenSel DSS verder uit te bou.

Vir navrae kontak asseblief vir Roelof Louw by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

 

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri