Ons is steeds aan tafel met Jesus. Langs Jesus aan tafel is jou oop stoel. In hierdie week se gesprek breek Jesus mure af en maak Sy tafel langer. Ons nooi jou uit om hierdie Sondag 19 Februarie saam met ons te kom lees uit Lukas 14:15-24.

As leraars sien ons iets besonders wat besig is om te gebeur. Tydens ons weeklikse leraar byeenkoms het ons vir die Here dankie gesĂȘ dat ons elke week beleef dat mense tot geloof kom hier in ons gemeente. Ons sien elke week hoe die Here mense by die gemeente voeg. Hy bring gelowige mense met talente en gawes. Ander kere verwelkom Jesus mense wat soekend is na Sy genade. Prys die Here! Prys die Here. Kom loof die Here se naam saam met ons by enige van ons eredienste.

Ter afsluiting, gaan daar geen week verby wat die leraars nie vir jou in gebed aan die Here opgedra het nie. Jy kan elke week instap met die wete dat jy reeds in gebed aan ons Hemelse Vader opgedra is.

Deon Els

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri