In ‘n wêreld waar dit voel of ons partymaal onderdruk word, waar dinge te veel word doop ons steeds kinders want daar is HOOP. Ons sing en roep Hosanna die Koning kom, want as ons ophou roep sal die klippe dit uitroep. Sondag is Palmsondag en saam met miljoene Christene reg oor die wêreld vier ons dat Jesus die Messias is, die Koning van die konings en ons verlosser is.
Kom aanbid God saam in vreugde en gaan lewe met hoop.
Die volgende twee Sondae is daar geen huiskerk video's nie, slegs lewendige uitsendings. Ons nooi jou uit om die dienste in die kerk by te woon saam met ander gelowiges.