Kleuter-en Kinderpinkster (gr.1-6)
21 Mei – 28 Mei
God het nooit bedoel dat die kerk ‘n gebou moet wees nie. Die kerk is ek en jy! Ons moet Jesus se hande en voete op aarde wees. Kleuters is nie te klein om vir God te werk nie. Dwarsdeur die Bybel gebruik God kinders om sy werk te doen. Daarom is ons baie opgewonde om saam met ons kinders deur die boek Handelinge te stap hierdie jaar tydens Pinkster. Hulle gaan leer om getuies te wees in Jerusalem sowel as die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.

Geen rede om te dink omdat jy kleuters en laerskoolkinders in die huis het, jy nie as ouer die Pinkster-reeks kan bywoon nie. Goeie nuus. Bring jou kinders saam elke aand. Ons groter kinders en kleuters doen dieselfde reeks van KidsXpress. Jy kan jou kleuter dus met ‘n geruste hart na die Kleuterkerk lokaal neem. Die gr.1-6 kinders gaan in Joppe wees.>>

• God gee liefde aan ander,
• om gehoorsaam te wees aan God,
• om te glo dat mense kan verander,
• om te juig en te getuig al is jy gedaan en
• om dan te weet God los my nooit alleen nie.

Elkeen kry sy eie werkboek vir die week. Die registrasie fooi vir die reeks beloop R60 en word betaal wanneer jy jou kleuter en laerskoolkind bring Sondagaand 21 Mei om 18:45.

Dit gaan ‘n fees wees! Ons span sien daarna uit om die kinders te ontvang.

Kinderbedieningspan en die Kleuterkerkspan

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri