Hessie se Stene-Pêrelprojek se werkskeppingsinisiatief het enige grootte leë deurskynende plastiek bottels nodig. Die vroue betrokke by Hessie se stene (Ecobricks) vul bottels met nie-herwinbare plastiek teen betaling.
Klaargemaakte stene word deur Waste-ed verwyder om gebruik te word by projekte waar daar met hierdie tipe stene gebou word. Plastiekbottels kan op Maandae, Dinsdae, Woensdae en Vrydae tussen 9:00-12:00 by die Dienssentrum by die kerk afgelewer word.
Verder wil ons mense die gemeenskap mobiliseer om die omgewing vry te hou van plastiek deur ‘n Swop shop in te rig. ‘n Sak plastiek in ruil vir iets. Skenk asb droë bestanddele kos vir die Pêrel Projek.
Vir navrae kontak: Amanda Ferreira by 079 516 7616