Job en sy vriende het heelwat vrae oor God gehad en soms eenvoudige antwoorde probeer gee. Ons as gelowiges moet erken dat elkeen van ons ook vrae oor God het. Ons moet erken dat ons nie al die antwoorde oor God het nie, maar dat ons Hom kan aanbid. Ons glo dat God steeds met ons praat.
Job 38 getuig hoe God in ’n noue verhouding met Job staan en baie duidelik deur Sy skepping met hom praat. Verse 4-7 getuig hoe God sy skepping fyn beplan het soos wat iemand ’n gebou beplan. In verse 8-11 vergelyk God die skepping van die see met die geboorte van ’n kind. Hoor jy God se stem in sy Skepping en deur sy Seun Jesus Christus? (Job 38:1-11)
Danie O’Kennedy