Ons kan nie genoeg dankie sê vir lidmate wat ‘n gereelde maandelikse dankoffer gee nie. Dankbaar sien ons ook ‘n matige toename in dankoffers. Kommerwekkend, egter, word gereelde maandelikse bydraes slegs van 23.89% van gemeentehuishoudings ontvang. Ten einde ons beplanning te kan doen vra ons mooi vir jou dankofferverbintenis, as jou geloofsverbintenis jou daartoe lei. Let daarop dat ‘n geloofsoffer onderskei word van ‘n dankoffer. Slegs laasgenoemde mag deur die gemeente vir operasionele uitgawes gebruik word – nie geloofsoffers nie. Dui dus asseblief ook duidelik die aard van jou bydrae.
Groete
Chris Eagar – Leier van Rentmeesterspan
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.