Ons is besig met ons reeks Jesus ongefilter, Danie het Sondag gekyk na die Kruisiging en ons het gedurende Paasnaweek gekyk na die opstanding. Hierdie Sondag kyk ons na Jesus se Hemelvaart. Hemelvaart is nie een van die dae in die kerk wat baie aftrek kry nie, alhoewel dit vir ons ‘n baie belangrike dag is.

Ek het al baie hieroor gewonder. Ek dink dit is omdat ons iets van die dissipels se ongemak en onsekerheid beleef wanneer hulle staan en kyk hoe vaar Jesus op. Hulle bly staar na die wolke terwyl Hy weg is en die engele vra waarna kyk julle? Hoekom moes Jesus weggaan? Hoekom kon Jesus nie net bly en alles uitsorteer nie? Hoekom moet ons alleen agter bly? Calvyn sukkel ook hiermee as hy sê dat Jesus ons agter los en ook nie. Hoekom word ons agter gelos en wag ons nou net tot die wederkoms?

Die soeke na die doel van hierdie tussentyd tussen Hemelvaart en die wederkoms is die kerk se uitdaging. Staan jy nog en staar na die wolke, voel jy verlore, onseker? Hierdie Sondag kyk ons na wat is die doel van die Hemelvaart en die tyd wat ons nou hier op die aarde is.

Groete
Paul Barnard

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri