Pieter Gouws was musiekkoördineerder en sy vrou Leané was deel van die Luisterspan wat op die kerkraad dien. Hulle albei gaan nou op ‘n skip werk, Leané in ‘n leierskaprol en albei deel van die vermaak-afdeling op die skip. Hulle droom is om die Evangelie so te kan versprei en haal Psalm 34:9 aan: Beproef dit en ervaar: Die Here is goed, gelukkig is die mens wat by Hom skuil. Hulle wil die wêreld sien en die Lig laat skyn.
Pieter en Leané sê baie dankie vir die diep spore wat Helderberg in hul harte getrap het, veral die mense van die gemeente, die bestuur en leierskap. Hulle waardeer almal se ondersteuning.
Pieter en Leané, ons hoop vir julle is dat julle droom waar sal word en dat julle lig vir God oral sal skyn.