Dienste word lewendig uitgesaai op YouTube, gaan na YouTube en teken in by Helderberg Gemeente.
Eredienstye (somer):
08:00 Klassieke diens
08:30 Meditatiewe diens
09:00 Hoop (Sitari)
09:30 Informele diens
09:30 Kiddie- en Tekkiekerk
10:00 Helderberg Village
18:00 Tieners
19:00 Aanddiens
(Wintertye begin op 2 Junie 2024)
Die projek dra Jesus se liefde na Helderberg Hospitaal deur uitreike elke tweede Saterdag. Pasiënte, dokters, verpleegpersoneel, nuwe mammas in die kraamsaal en ook die kinders in die kindersale word met koekies, koeldrank en die evangelie bedien.
Die nuwe mammas het tydens Kersfees geskenkpakke met weggooi-doeke, babaklere , seep, room, waslappie en sepie en ook 'n paar kombersies ontvang. Bybels word ook uitgedeel en almal is altyd baie dankbaar daarvoor.
Die projek reël ook spesiale uitreike bv die ' Toy run', waar aan al die kinders in die sale en ook by ongevalle , sagte speelgoed uitgedeel word. Dit is ook alles skenkings wat ons ontvang het van lidmate.
Voor en na afloop van elke uitreik maak ons 'n kringetjie , waar ons vir die Here vra om elkeen styf vas te hou, te beskerm (pasiënte en ook vir ons, en dat die Heilige Gees regtig met elkeen is om Sy hande en voete te wees, om ons te lei om bruikbaar vir Hom te wees. Ook dat Hy die saad wat ons gesaai het, op vrugbare grond sal laat val en dit sal water gee.
Die ywerige span het die afgelope jaar 6540 mense by Helderberg Hospitaal bereik deur 32 toegewyde vrywilligers.
Projekleier: Lynette Jacobs
Tel: 021-851 5582
Noodnommer: 083 988 2003
epos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
-boodskappe: 074 271 1589
Facebookgroep
Word gerus deel van ons Facebookgroep met die naam: Helderberg Gemeente gesels lekker
Word deel van ons WhatsApp-groep
Wil jy die skakels na die preke en ander inligting kry op WhatsApp, kliek op die skakel hieronder met jou selfoon en word outomaties deel van die groep:
https://chat.whatsapp.com/HK219PoUcN4LOmoGy4GDt0
Of gebruik die QR kode:
- maak WhatsApp oop
- gaan na settings
- maak die QR kode langs jou naam oop
- scan ons QR kode
Bid saam met ons vir die volgende mense:
Wilna Kilian – hospitaal
Alexander Bekker (3jr) – herstel na operasie aan gesig
Louis Visser – ICU met longontsteking
Issie Ponelis – kanker
Jurie Goosen – voetoperasie
Elmine Stickling – kanker
Jan Brits – operasie (kanker)
Jan Branders – sterk tuis aan
Corius Visser – hartoperasie
Japie Myburg – operasie
Francois Roux – ontslaan uit ICU, herstel in sig
Wimpie van Dyk – ernstig siek, Covid
Cecilia Lötter – ontslaan uit ICU, sterk tuis aan
Emmie van Tonder – kanker
Susan Crafford – verswak
Ek is dankbaar:
- dat U my Koning is
- dat ek die ware Koning kan aanbid
- dat die Mannekamp baie geseënd was
Rou:
Daniel Benade is oorlede, ons dink aan Gerda en familie.
Johann du Toit se ma is oorlede, ons dink aan die familie.
Gerhard Pietersen (leraar van Hoop Geloofsgemeenskap) se ma is oorlede, ons dink aan hom en sy gesin.
Moet ons vir jou bid? Laat weet ons asseblief by die kerkkantoor: 021-851 5582 of onderlingesorg@nghelder.co.za
Hulle het uitgeroep:
“Geseënd is die Koning,
Hy wat kom in die Naam van die Here!
Vrede in die hemel en heerlikheid in die hoogste!”
Lukas 19:38
03.21.2024 - 04.02.2024
Skoolvakansie
03.29.2024
Goeie Vrydag
04.01.2024
Gesinsdag
04.03.2024
Skole open
04.07.2024
Doop
04.07.2024
Dag van Danksegging en Verootmoediging
04.09.2024 9:00 am - 11:00 am
Helderberg Seniorklub
04.10.2024 10:00 am - 12:00 pm
Kreatiewe Kuiergroep
04.21.2024
Studentepreek
04.21.2024 3:00 pm - 4:00 pm
Klassieke Klanke
Liewe Lidmaat
Die POPI inligtingswet is vanaf 1 Julie 2021 inwerking en ons bevestig hiermee dat lidmate se persoonlike inligting veilig hanteer en bewaar word. Lidmate kan dmv ons webblad aansoek doen (kliek hier) om toegang tot hulle inligting te verkry. Vir verder navrae kontak gerus ons Inligtingsbeampte, Grazie Beets, by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Kliek asb op die skakel hieronder vir meer inligting oor die Covid-19 virus