'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Almal wat belangstel word vriendelik uitgenooi na die vergadering.

Job en sy vriende het heelwat vrae oor God gehad en soms eenvoudige antwoorde probeer gee. Ons as gelowiges moet erken dat elkeen van ons ook vrae oor God het. Ons moet erken dat ons nie al die antwoorde oor God het nie, maar dat ons Hom kan aanbid. Ons glo dat God steeds met ons praat.

Job 38 getuig hoe God in ’n noue verhouding met Job staan en baie duidelik deur Sy skepping met hom praat. Verse 4-7 getuig hoe God sy skepping fyn beplan het soos wat iemand ’n gebou beplan. In verse 8-11 vergelyk God die skepping van die see met die geboorte van ’n kind. Hoor jy God se stem in sy Skepping en deur sy Seun Jesus Christus? (Job 38:1-11)

Danie O’Kennedy

Vir die van julle wat in die winter bietjie uitsorteer, bring asseblief daardie goed wat jy nie meer wil hê nie na die kerk. Vir navrae kontak gerus vir Odette by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of bel die kerkkantoor by 021 851 5582.

Ons almal het ‘n diep behoefte om God se stem in ons lewens te hoor. Oor al die jare wat ek predikant is, is dit seker een van die vrae wat die meeste vir my gevra is: Hoe hoor ek God se stem? Ek het ook al verskeie kere vir groepe mense gevra dat hulle moet deel oor hoe hulle God se stem hoor en dan is daar so ‘n ongemaklike stilte gevolg deur ‘n paar generiese antwoorde. As jy vir jouself moet antwoord, hoe sou jy sê hoor jy die stem van God.

Dit is tog die sentrum van ons geloof as ons sê dat ons geloof nie ‘n godsdiens is nie, maar ten diepste ‘n verhouding met God dat ons nie net Sy stem moet erken nie, maar ook gereeld moet hoor. Hierdie Sondag gaan ons stil word voor God en luister na Sy stem in ons lewens. God wil met jou praat, Hy wil hê dat jy Sy stem moet hoor – kom soek saam met ons na ‘n nuwe verstaan van luister. (Genesis 5:21-24)

Paul Barnard

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri