'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Holiday Club is van 25 -30 Junie vir graad 1-6 kinders in samewerking met United Church en Methodist Church.

Hy hou die hele wêreld in sy hand

Wie van ons ken nie die tradisionele liedjie, Hy hou die hele wêreld in sy hand, nie? So weet ons dat God die grootste dinosourus, die kleinste fynste babatjie en ook vir oupa en ouma in sy hand hou. KidsXpress het egter sekere verse van die geliefde liedjie ’n tyd gelede ’n bietjie verander sodat dit die temalied van een van ons reeks, Die Kerk Werk Wêreldwyd, kan wees. Die nuwe weergawe klink so:

Hy hou die hele wêreld in sy hand x3
Hy hou ons almal in sy hand

Hy hou vir jou en my ook in sy hand x3
Hy hou ons almal in sy hand

Sy liefde is meer as die see se sand x 3
En hoër as die berg se rant>>

Lees verder: Getuienisgeleentheid: KidsXpress

Eerskomende Sondag se teks is Deut 6:4-25 en ons tema “Onthou om My te onthou.” Dit gebeur dikwels dat ons dinge vergeet. En as ons ouer word, word dit net erger. Die Bybel waarsku ons teen vergeet en moedig ons aan om te onthou. In Deut 6 kom die volgende woorde voor: luister (v 4); herhaal (v 7); oppas dat jy nie die Here vergeet nie (v 12); dan moet jy vir jou kind sê (v 21).

Ons moet onthou in Wie ons glo. Ons moet onthou om die verhale oor God vir ons familie en ander te vertel. Ons moet onthou om mekaar aan te moedig om die Here in die huis en in die gemeenskap te dien. Onthou, moenie vergeet van Sondag se eredienste nie!

Danie O’Kennedy

Wil jy solank help met die basaar, hier is geleentheid om betrokke te raak: 

  

 

Indien jy dit tyd verkeerd kry, moenie bekommerd wees nie, jy kan solank kuier voor die tyd.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri