'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Uyavula beteken ‘maak oop’

By Uyavula is ons baie dankbaar en bevoorreg om op ‘n maklike, eenvoudige en genotvolle manier hoop te bring. Ons doen dit deur vir kinders deur middel van stories, boeke en geletterdheid met Jesus se liefde te bedien.

Ons sien die slegte werklikhede rondom ons en die nood soos byvoorbeeld dat 81% van graad 4-leerders nie met begrip kan lees nie; ‘n kind wat nie kan lees nie, kan nie leer nie en het nie veel van ‘n toekoms nie. Boonop het die meeste kinders ook nie die “taal” om hul seer, frustrasies en innerlike behoeftes te verwoord nie en dit benadeel hul skoolvordering. Daarbenewens erken baie opvoeders hulle is totaal uitgeput, oorweldig en moedeloos gesukkel. Juis daarom is Uyavula dankbaar vir die geleentheid en middele waarmee die Here ons seën om op ‘n maklike én boonop baie “lekker” wyse ‘n verskil te kan maak en hoop te bring.

Dit doen die Uyavula-lesers eenmaal per week wanneer hulle kinderharte aanraak met ‘n boek, storie én hul opregte omgee. Wat ‘n voorreg om te kan ervaar hoe kosbare verhoudings gebou word, kinders die wonderwêreld van stories geniet en om te beleef hoe opvoeders die ondersteuning waardeer (asook ‘n bietjie “lafenis” kry). En die voorlesers stap boonop weg met nuwe blinkoog energie…

Lees verder: Getuienisgeleentheid: Uyavula Lees- en Skyfprojek

Ek noem die Jakaranda stad my huis vir die grootste deel van my lewe. Ek en Peet is 18 jaar getroud en klein Amélie maak al amper vier jaar ons lewe vol heerlike chaos. 'n Klein Scotty hond het onlangs die chaos in ons huis vermeerder. Ek het die voorreg om vir amper 5 jaar al by Stellastraat Gemeente predikant te wees waar ek verantwoordelikheid neem vir die gemeente se uitreikbediening, asook die bediening aan jongvolwassenes en jong gesinne.

Ek is mal daaroor om nuwe kossoorte en disse te probeer. En as daar 'n glas rooiwyn is nog beter. Ek is op my gelukkigste as ek kan reis. Óf dit in ons ou Landcruiser op pad Kruger Wildtuin toe is om voëltjies te gaan kyk òf op 'n vliegtuig landuit. Reis is soos suurstof vir my. Een van die ander groot passies in my lewe is die bewaring van ons planeet. Ons huishouding is al vir baie jare op reis om op 'n meer volhoubaar wyse te leef.

Fay van Eden

Pinkster begin Sondagoggend saam met Fay van Eeden.

Daar word ook kos verkoop, sien asseblief op ons Facebookblad vir meer inligting daaroor of kontak vir Odette deur 'n WhatsApp te stuur na 074 271 1589 of epos na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

 

Hessie se Stene-Pêrelprojek se werkskeppingsinisiatief het enige grootte leë deurskynende plastiek bottels nodig. Die vroue betrokke by Hessie se stene (Ecobricks) vul bottels met nie-herwinbare plastiek teen betaling.

Klaargemaakte stene word deur Waste-ed verwyder om gebruik te word by projekte waar daar met hierdie tipe stene gebou word. Plastiekbottels kan op Maandae, Dinsdae, Woensdae en Vrydae tussen 9:00-12:00 by die Dienssentrum by die kerk afgelewer word.

Verder wil ons mense die gemeenskap mobiliseer om die omgewing vry te hou van plastiek deur ‘n Swop shop in te rig. ‘n Sak plastiek in ruil vir iets. Skenk asb droë bestanddele kos vir die Pêrel Projek.

Vir navrae kontak: Amanda Ferreira by 079 516 7616

Daar sal ook 'n geleentheid wees saam met die Bybelstudiegroep om 10:00 in die Kapel. Enigeen is welkom om dit by te woon.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri