'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Die Fasiliteitespan is besig om die Kapel op te knap. Kom maak gerus ‘n draai en kyk hoe lyk dit.

Elke Sondag om 08:30 word die Meditatiewe Diens in die Kapel gehou. Was jy al by so ‘n diens? Hierdie Sondag gaan Danie O’Kennedy die diens lei. Jy is uitgenooi na dié diens en dan kan jy sommer kyk hoe lyk die “nuwe” Kapel.

Sondagaand is dit Deon Els wat die Aanddiens behartig. Dit begin om 19:00 en dis nog ‘n geleentheid waar jy ‘n spesiale diens in die Kapel kan bywoon.
Ons hoop om jou Sondag te sien.

Op die foto word daar geverf in die Kapel en sal die naweek klaar wees.

Goeie nuus! Ons gemeente groei. Daar is meer mense wat die eredienste bywoon. Daar is groter betrokkenheid by bedieninge, en energie om bedieninge uit te bou. Dit kan, in geloof, ons gemeente se droom om beter, dieper en op ‘n groter skaal bedieninge te bou aanhelp.

As ons kyk na die stories wat ons finansies in 2023 vertel, blyk dit daar groter gemeente ondersteuning is. Ons het ons begrote inkomste van R12 miljoen bereik, wat ons in staat stel om gelyk te breek (voor kapitaal uitgawes). Dit is ‘n verbetering op die vorige jaar toe dinge swaar gegaan het.

In geloof begroot ons dus dat hierdie positiewe tendens sal voortgaan in 2024 en 2025. Ons begroot vir ‘n 12% groei in totale gemeente bydraes. Ons mikpunt is R10.9 miloen rand.

Met die fondse kan ons baie meer doen. Ons droom om:
• Bedieninge verder uit te bou.
• Die personeel wat die gemeente moet lei en versorg ‘n lang uitgestelde regstelling op vergoeding gee (11%). Dit is nog steeds onder die sinodale gemiddeld. Hierdie groep is die hart van ons gemeente en moet ook ondersteun word.
• Ons fasiliteite in stand te hou.
• En die heel belangrikste – dat ons God se Koningryk uitbou sodat elkeen ‘n persoonlike verhouding met die Here kan hê.

Daarom wil ons vra. Help ons asseblief. Ons het tans gemiddeld 820 lidmate wat maandeliks bydrae. Raak asseblief deel van hierdie groep in 2024/2025.

Baie dankie
Rudolph Fourie - Rentmeesterspan

Ja, dit klink nog ver, maar ons werk nou al aan die basaar van 31 Augustus. Gasvryheid wil mense of groepe nooi om jou talente te gebruik vir een van die volgende portefeuljes:
• Aktiwiteite vir kinders
• Kos stalletjies en kompetisie
• Reëlings rondom die vermaaklikheid van die dag
• Organisering van die uitstallers
• Iemand wat die bemarking kan doen

Olivia Gardner hoor graag van jou. Kontak haar by 021 851 5582 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Het iemand onlangs vir jou omgegee? Hoe het dit jou laat voel? Het jy beleef dat God self vir jou omgee?

Het jy die afgelope tyd vir iemand anders omgegee? Wat het dit aan jou gedoen? Dit is waaroor ons praat tydens eerskomende Sondag se eredienste. Die tema is “Ons gee om …” en die teksgedeelte Joh 6:1-15 (Week 5 van ons reeks).

Jesus sien dat die mense wat Hom volg honger is en Hy gee om vir hulle (Joh 6:5). Hy wil hulle nie net geestelik voed nie, maar ook fisies voed. Al wat hulle het is ‘n seuntjie wat bereid is om sy vyf brode en twee vissies te skenk (vv 8-9). Jesus vermeerder hierdie “omgee” van die seuntjie en voed 5 000+ mense (vv 10-12). Dink net hoe kan Jesus vir ons as gemeente (5 000+ lidmate) gebruik om werklik vir ander om te gee.

Sien jou Sondag.
Danie O’Kennedy

 

Die BoekeHoekie en GeskenkHoekie kan amper ook omgee-hoekies genoem word. Dit het ontstaan uit ‘n behoefte om die gemeente en gemeenskap rondom ons te help.

Ons BoekeHoekie het boeke te koop teen slegs R10 ‘n boek en word met liefde versorg deur Avril Labuschagne en Betsie Smit. Jy kan hulle help deur boeke te skenk in Afrikaans en Engel, enige boeke selfs ou handboeke (vir herwinning). Ons het ook ‘n gratis Bybel rakkie, so bring gerus daai ou gebruikte Bybels.

Ons GeskenkHoekie is ‘n geleentheid vir lidmate om hulle eie produkte te maak en te verkoop ten bate van die kerk, 10% van alle verkope gaan na die kerkkas. Dié hoekie is al ‘n gewilde plek vir vinnige inkopies om aan te smul of om ‘n oulike geskenk te koop. Kom ondersteun ons gerus en weet dat jy ‘n verskil maak met elke aankoop.

Jy kan sommer vir Grazie Beets “hallo” sê by Ontvangs. Sy is verantwoordelik vir hierdie twee lekker kuierplekke.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri