'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Baie dankie dat jy verstaan.

In die begin era van lugvaart hier in die 1920 was dit ’n lewensgevaarlike bedryf om van deel te wees. Vliegtuie of “crash crafts”, soos wetenskaplikes daarna verwys het, het selde van die grond afgekom. Wetenskaplikes was eens dat “om te vlieg” ’n onmoontlike aangeleentheid vir die mens is.

Amper soos die sê-ding gaan, “Om te vlieg is vir die voëls”.

En natuurlik was daar hier en daar ’n vliegtuig wat die onmoontlike reg gekry het deur van die grond af te kom vir ’n paar sekondes maar dit was nie die enigste probleem nie. Die ander reuse-probleem was dat die “vlieg” deel ontdek is voor die “hoe om te land” deel. Daar is vinnig ontdek dat vlieg en land iets met mekaar te doen het. Daar is later ontdek dat die vlieg deel die maklike deel is en dat “om reg te land” veel moeiliker is.

In Sondag se erediens gesels ons oor God van die onmoontlike. God verwag van ons om ons geloof in Sy krag van die onmoontlike te plaas. Hoe maak ons as hierdie geloof in God nie die uitkoms gee wat ons verwag het nie? Hoe land ons as ons ons drome in Sy hande gesit het en dit het nie uitwerk soos ons gedink het nie? Ons vertel ook die storie van Tannie Lida wat op die pragtige ouderdom van 90 jaar steeds droom in die hande van die Here. Nooi nog mense om saam met ons in die wonder van God se krag te kom groei.

Vriendelike groete, Deon Els

Ons is opgewonde om bekend te maak dat Melanie Smit as tentmakerleraar by Helderberg Gemeente beroep is op die Kerkraadsvergadering van 2 Mei 2023. Sy gaan geen addisionele vergoeding daarvoor ontvang nie, aangesien haar primêre taak Uitreikbestuurder is.

Ons is baie trots op Melanie.

Kleuter-en Kinderpinkster (gr.1-6)
21 Mei – 28 Mei
God het nooit bedoel dat die kerk ‘n gebou moet wees nie. Die kerk is ek en jy! Ons moet Jesus se hande en voete op aarde wees. Kleuters is nie te klein om vir God te werk nie. Dwarsdeur die Bybel gebruik God kinders om sy werk te doen. Daarom is ons baie opgewonde om saam met ons kinders deur die boek Handelinge te stap hierdie jaar tydens Pinkster. Hulle gaan leer om getuies te wees in Jerusalem sowel as die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.

Geen rede om te dink omdat jy kleuters en laerskoolkinders in die huis het, jy nie as ouer die Pinkster-reeks kan bywoon nie. Goeie nuus. Bring jou kinders saam elke aand. Ons groter kinders en kleuters doen dieselfde reeks van KidsXpress. Jy kan jou kleuter dus met ‘n geruste hart na die Kleuterkerk lokaal neem. Die gr.1-6 kinders gaan in Joppe wees.>>

Lees verder: Die Kerk werk wêreldwyd

Gesinne in nood in ons gemeente word finansieel en maatskaplik deur die Versorgingsfonds ondersteun. Dankie vir jou getroue bydraes, kliek hier en lees meer oor hierdie bediening.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri