'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Louise Theron tree aan die einde van hierdie maand af as Uitreikbestuurder. Sy was 16 jaar werksaam by Helderberg Gemeente as Helderberg Uitreik se bestuurder met projekte reg oor die wêreld. Haar hart is vir elkeen van hierdie projekte en die mense wat hulle bedien.

Ons het ‘n paar vrae vir Louise gevra en deel dit graag met julle.

Louise jy was die Uitreikbestuurder, maar wat het dit vir jou beteken?
Ek het dikwels gevoel soos iemand wat op ‘n pawiljoen sit en na ‘n meesterlike spel kyk. God se kosbare werk deur sy mense.

Wat het die Here jou geleer in jou tyd by Helderberg Gemeente en Helderberg Uitreik?
Ek het feitlik elke dag ‘n wonderwerk beleef. Kleintjies en grotes. Boodskappe en foto’s van mooi getuienisse van die projekte se impak het ek van oraloor ontvang. Dit is byna onmoontlik om die omvang van God se werk deur die projekte van Helderberg Uitreik in woorde te beskryf. Ek voel ontsettend bevoorreg om ‘n getuie daarvan te wees. Wat het jou gedra in moeilike tye?
Wanneer mens in ‘n span werk wat so naby aan God se hartklop leef, en ook soms op vyandige grondgebied loop, kan mens verwag dat daar ook aanslae en vervolging sal kom. Dit is deel van die terrein waarop ons beweeg. Jesus is ons voorloper en met die Heilige Gees se beskerming, kosbare ondersteuning en gebed van die Uitreikbestuur, projekleiers, uitreikpersoneel, en my gesin, was dit moontlik om ook deur moeilike tye te gaan.>>

Lees verder: Ons groet vir Louise

Om deel te wees van Seniorsorg is ‘n unieke geleentheid om dankie te sê aan die senior inwoners/lidmate van die gemeente vir jare se toewyding, voorbeeld en voorbidding in die gemeente. Seniorsorg is betrokke by Huis Marie Louw, Zandvliet en Strandsorg se Huis Esperanza by wyse van maandelikse finansiële ondersteuning. Daarmee saam bring Seniorsorg gereeld besoeke aan die tehuise om saam met die inwoners te kuier en heerlike bederfies te geniet terwyl ‘n gaskunstenaar ons met sang en musiek vermaak.

Die tehuise het unieke behoeftes. In 2022 is Huis Marie Louw ondersteun om die fasiliteit te verbeter. Vanjaar beplan Seniorsorg om Esperanza by te staan om ‘n aktiwiteitsentrum op die been te bring. Die aktiwiteitsentrum word benut om die Alzheimer-inwoners te stimuleer ten einde die verloop van Alzheimer positief te bestuur. Items soos eenvoudige legkaarte, inkleurboeke en boublokkies word benodig. Ons wil ook die ruimte help toerus vir ‘n veilige omgewing vir die inwoners.

By Huis Zandvliet is daar ‘n groot behoefte aan mansklere. Hierdie items kan by die Dienssentrum afgelewer word, gemerk vir Seniorsorg.

Saam met ‘n leraar deel ons in die vreugdes van lidmate wat die mylpaal van 90 jaar bereik. Dankie aan almal wat deelneem aan die "Borg ‘n ouma projek". Die bydraes word aangewend om maandelikse noodsaaklikhede soos doeke, tandepasta, seep, handeroom en haarwasmiddels vir behoeftige inwoners van die tehuise aan te koop.>>

Lees verder: Getuienisgeleentheid: Seniorsorg

Ons is steeds aan tafel met Jesus. Langs Jesus aan tafel is jou oop stoel. In hierdie week se gesprek breek Jesus mure af en maak Sy tafel langer. Ons nooi jou uit om hierdie Sondag 19 Februarie saam met ons te kom lees uit Lukas 14:15-24.

As leraars sien ons iets besonders wat besig is om te gebeur. Tydens ons weeklikse leraar byeenkoms het ons vir die Here dankie gesê dat ons elke week beleef dat mense tot geloof kom hier in ons gemeente. Ons sien elke week hoe die Here mense by die gemeente voeg. Hy bring gelowige mense met talente en gawes. Ander kere verwelkom Jesus mense wat soekend is na Sy genade. Prys die Here! Prys die Here. Kom loof die Here se naam saam met ons by enige van ons eredienste.

Ter afsluiting, gaan daar geen week verby wat die leraars nie vir jou in gebed aan die Here opgedra het nie. Jy kan elke week instap met die wete dat jy reeds in gebed aan ons Hemelse Vader opgedra is.

Deon Els

Aswoensdag is op 22 Februarie waarmee ons dan die Lydenstyd begin. Kom word stil saam met ons.

Die VenSel Dagsorg Sentrum (VenSel DSS) is die jongste projek wat by Helderberg Uitreik geregistreer is. Vengesai en Selina, wat die behoefte van ouers in die Lwandle- en Nomzamo-omgewing geïdentifiseer het, het die VenSel DSS begin om kinders te versorg en opvoeding te gee terwyl hierdie ouers by die werk is. Die projek se visie is "om toeganklike vroeë leer- en kindersorg programme van hoë gehalte aan minderbevoorregte kinders teen 'n bekostigbare fooi te bied en te bevorder. "

Tans baat VenSel Dagsorg Sentrum by ondersteuning deur die voorsiening van voedsel as deel van die Dienssentrum se program by Helderberg en deur ad hoc skenkings. Die projekspan het ook spesifieke behoeftes geïdentifiseer t.o.v. voedingsbehoeftes, opvoedkundige voorrade om vroeë kinderontwikkeling te bevorder en beter toegeruste fasiliteite om die ontwikkeling en versorging van die kinders by VenSel DCC te verbeter.

Die projek het ook verder VenSel ondersteun met die volgende inisiatiewe of hulp:>>

Lees verder: Getuienisgeleentheid: VenSel Dagsorg Sentrum

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri