'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Weet jy wat doen die Onderlinge Sorg Bediening? Kom kyk, daar is dalk iets vir jou.

Hulle help jou om deel te raak van ‘n omgeegroep waar jy geestelik kan groei. Hulle het ‘n gebedspan wat vir spesifieke mense bid. Daar is ook ‘n Manne Bediening en ‘n Vroue Bediening. Die mans is al ‘n rukkie besig en die vroue is ‘n nuwe bediening.

Dan reik die span ook uit na senior lidmate, hier kan jy ‘n groot verskil maak deur net een uur ‘n maand vir ‘n senior te gaan kuier. Die Versorgingsnetwerk fokus op gesinne in nood binne die gemeente, emosionele en praktiese versorging word gedoen. Dalk wil jy help om kospakkies af te lewer?

Kontak vir René van der Bank by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. en sy kan lekker verder met jou gesels oor hoe jy jou omgee, sorg en liefde vir Christus se mense kan uitleef.

Hierdie bediening is deel van die Onderlinge Sorg Bediening en gaan Sondag tydens die dienste meer vertel van wat hulle alles doen. Kom luister gerus na hul getuienis Sondag.

Die boek wat ek geskryf het, Betereinder (Lux Verbi 2023), het ek eers geleef en toe geskryf. Sondag deel ek met julle die geheim wat ek ontdek het deur my leef en werk in Suidelike Afrika: hoe werk TUISKOMS?

Tans is ek ‘n leraar by Fontainebleau Gemeenskapskerk (NG) en Voorsitter van Betereinders. Jesus vra meer as Malema en wil graag mense help om met integriteit ‘n land te bou waar ons kinders gaan welkom wees.

My seuns is een en vier jaar oud en ek is getroud met Marlé en is baie lief vir ons twee English Springer hondjies: Apie en Skapie.

Ek sien uit daarna om jou Sondag te ontmoet.

Schalk van Heerden

Pieter Gouws was musiekkoördineerder en sy vrou Leané was deel van die Luisterspan wat op die kerkraad dien. Hulle albei gaan nou op ‘n skip werk, Leané in ‘n leierskaprol en albei deel van die vermaak-afdeling op die skip. Hulle droom is om die Evangelie so te kan versprei en haal Psalm 34:9 aan: Beproef dit en ervaar: Die Here is goed, gelukkig is die mens wat by Hom skuil. Hulle wil die wêreld sien en die Lig laat skyn.

Pieter en Leané sê baie dankie vir die diep spore wat Helderberg in hul harte getrap het, veral die mense van die gemeente, die bestuur en leierskap. Hulle waardeer almal se ondersteuning.

Pieter en Leané, ons hoop vir julle is dat julle droom waar sal word en dat julle lig vir God oral sal skyn.

As jy wonder of jy wil betrokke raak by een van Uitreik se projekte, kom sit jou tone in die water. Ons gaan saam met die Faure en Croydon gemeenskap kuier en werk aan hulle droom. Die droom is om ‘n tweedehandse winkel op te rig, maar voor dit moet daar nog baie werk gedoen word.

Op Donderdag 22 Februarie van 10:00 tot 17:00 gaan ons hulle help om hulle terrein skoon te maak en reg te skuif om hierdie droom te help waar maak. Daar is ook verfwerk en uitsorteerwerk, iets vir elke lyf om te doen.

Kom werk net die deel van die dag wat jy kan afstaan. Kom in gemaklike ou klere en bring handskoene, sonskerm, ‘n hoed en water. Bring ook ‘n tuingraaf/vurk en ‘n swartsak vir vullis saam.

Laat weet asb vir Melanie teen Woensdag, 21 Februarie om 14:00 by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. as jy deur die loop van die dag kan help. Ons kry mekaar by Cannonweg 30, Croydon.

Amanda Ferreira (Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.)

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri