'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Helderberg Gemeente ondersteun die Omonia-gemeente (Omonia Church of Christ) en Agapé Christian Ministries (ACM) in Athene, Griekeland, fisiek en emosioneel in hul bediening aan vlugtelinge van lande soos Sirië, Irak en Afghanistan.

Die Omonia-bediening in Athene moes, soos die res van die wêreld, aanpas by die beperkinge wat deur ’n inperking (lockdown) veroorsaak is. Aanlyn ontmoetings het onverwagse voordele meegebring, omdat mense van reg oor die wêreld kon inskakel om die preke te kyk.

Daar word naas die aanlyn eredienste ook verskeie aanlyn dissipelskapklasse per week aangebied, gemik op nuwe Christene, kinders en gesinne. Van die gesinne wat intussen na ander lande in Europa verhuis het, skakel ook by hierdie sessies in. Só word die gemeenskap van nuwe gelowiges steeds bedien en ondersteun. Die langtermynvrywilliger Laura Vermeulen, operasionele bestuurder van die Agapé Projek, het ook begin met aanlyn Engelse klasse.

Ander werk duur steeds voort, en die vlugtelinge word steeds bygestaan met asiel-, behuising-, gesondheid- en skoolkwessies, sowel as met inkopiekoepons.>>

Lees verder: Getuienisgeleentheid: Omonia-vlugtelingprojek

Ons almal weet dat verhoudinge uiters belangrik is, maar soms sukkel ons met ons verhoudinge. Een van die belangrikste elemente in ‘n verhouding is verbintenis of commitment. Ons maak groot commitments by ons werk, sport en stokperdjies, maar om die een of ander rede sukkel ons om dieselfde commitment in ons verhoudinge te maak. In Joh 1:35-51 lees ons die verhaal van Jesus se eerste dissipels. Ons lees hoedat Jesus bereid is om ‘n commitment aan die eerste dissipels te maak en ons lees dat hulle weer op hulle beurt bereid is om ‘n commitment aan Hom te maak. Hulle is bereid om alles net so te los en Jesus te volg. Andreas maak nie net self ‘n commitment nie, maar nooi sy broer Simon Petrus om saam met hom hierdie commitment te maak.

Commitment vra harde werk, moeite, tyd en opoffering. Maar dit is alles die moeite werd. Het jy al werklik ‘n commitment aan Jesus gemaak? Is jy bereid om ‘n commitment te maak in al jou verhoudinge – huwelik, gesin, familie, vriende en jou geloofsgemeenskap. Kom stap saam met Danie O’Kennedy hierdie Sondag oor die onderwerp.

Sondag se deurkollekte gaan vir Helderberg Beradingsentrum.

Die Walemera-projek van Helderberg Uitreik het pragtige plante beskikbaar teen ‘n donasie. Die plante is in houers en onder die doringboom langs die parkeerterrein by die Kapel. Kom kies jou plante, laai dit in en EFT jou donasie of gebruik snapscan (verwys Walemera), of plaas die kontant in ‘n koevert gemerk Walemera in die posbus gemerk “Bydraes” by die kerkkantoor se voordeur. Hierdie is ‘n “honesty”-inisiatief en die projek maak staat op jou ondersteuning. Navrae by die projekleier, Roelof Louw by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of 082 467 4328.

Danie O’Kennedy behandel hierdie week 1 Timoteus 4. Hier is die skakel na hierdie week se Zoom-uitsending:
https://us04web.zoom.us/j/75025006233?pwd=R0tiSGtuQUhjV1VkRDFrb1VJYzFyZz09
Meeting ID: 750 2500 6233
Passcode: 8WguVG

Die Helderberg Beradingsentrum, deel van Helderberg Uitreik, streef daarna om ‘n ruimte te skep waar individue, gesinne en families van die gemeenskap emosionele ondersteuning kan ontvang en bemagtig word in hul proses van heelwording. Die sentrum beleef steeds uitdagings, soos almal tydens die Covid-pandemie, maar tog kon die beradingspan die afgelope drie maande 99 beradingsessies aan persone lewer via Zoom, telefoon of in-persoon.

Ons is nie sielkundiges of psigiaters nie en verwys dienste na die gepaste professionele persone in sulke gevalle. Ons kon tydens hierdie drie maande ses mense verwys na sielkundiges en psigiaters vir wie se dienste ons baie dankbaar is. Die sentrum kan lidmate en nie-lidmate ondersteun met betrekking tot verhoudings, selfbeeld, huwelik, rou, egskeiding, ouerleiding, stres, uitbranding, depressie, angs en trauma.

Op die oomblik het ons ‘n behoefte aan gebede, donasies en rusbanke vir die beradingslokale. Besoek ook gerus ons Facebookblad, Helderberg Beradingsentrum, of kontak ons by 079 417 3863 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. vir meer inligting.

Projekleier is Louise Jacobs by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri