'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Stefaans Coetzee het ‘n donker verlede. Hy was op 19-jarige ouderdom deel van ‘n groep verregse bomplanters wat in 1996 in Worcester verantwoordelik was vir die dood van 4 mense en talle beseerdes. Hiervoor sit hy 18 jaar in die tronk. Stefaans se verhaal eindig egter nie by haat nie. Sy verhaal is een van versoening, vergifnis en hoop. Kom luister Sondag by ons eredienste hoe Stefaans vertel van God se onbeskryflike genade.

Sondag skop ons af met die laaste kwartaal van 2023. Al die aktiwiteite is weer aan die gang. Ons sien uit na ‘n heerlike kwartaal vol hoogtepunte. Die eerste hiervan is nagmaal op 22 Oktober.

Sien jou Sondag
Danie Möller

Dit is weer tyd vir ons jaarlikse gr 1-3 oorslaap op Vrydag 20 Oktober.
Hier is die skakel om in te skryf: https://forms.gle/8iq8P8xN7yFsXnez7

(voorheen Projek vir Gestremdes)
Ons streef daarna om mense met spesiale fisiese, emosionele of verstandelike behoeftes of unieke omstandighede, van ’n tydelike- of permanente aard, in die plaaslike gemeenskap se lewenskwaliteit te verbeter deur instansies, naasbestaandes en personeel wat hierdie persone versorg, op geestelike, finansiële en persoonlike vlak te ondersteun. Bewusmaking en menswaardigheid geniet ‘n hoë prioriteit ten einde dit vir persone met spesiale behoeftes makliker te maak om aanvaarding en ook selfverwesenliking in die breër samelewing te vind.

Hierdie projek skoei hul werksaamhede op die wysheid van Nelson Mandela wat gesê het: “Wanneer ons ons lig laat skyn, laat ons ander onbewustelik toe om dieselfde te doen.“

Die projek se doel is om 'n verskil te maak in die lewens van mense met spesiale- of unieke behoeftes, waar die behoefte ook al bestaan.

Om hierdie mense, hul families en versorgers se lewenskwaliteit te verbeter, benodig ons finansiële ondersteuning, tyd en gawes van vrywilligers.

Anton Engelbrecht (projekleier) by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Projekspan: Frances Engelbrecht, Smuts Louw, Elmarie Louw,
Leon Niemand en Wilna Niemand

Almal van ons wil graag fisies en geestelik heel of gesond wees. Ons glo dat God heling bring, maar wonder soms of die Here ons in die hele proses kan gebruik. 2 Kon 5:1-19 is ‘n verhaal van hoe die Here vir ‘n jong Israelitiese dogtertjie op ‘n baie spesiale manier gebruik het. Hierdie dogtertjie word weggevoer na ‘n vreemde land. Sy hoor van Naäman se siekte en getuig van die God van Israel wat genesing kan bring. Haar getuienis lei tot die fisiese en geestelike genesing van Naäman.

Glo jy dat die Here ook vir jou kan gebruik – jou getuienis, jou gebede, jou ondersteuning? Tydens die eredienste gaan ons ook luister na die getuienisse van Daniël Brewis en sy familie. Die Here het heling vir hom gebring na ‘n ernstige motorongeluk en ons hoor ook hoe die Here verskillende mense in hulle lewens gebruik het.

Groete
Danie O’Kennedy

Vir enige navrae kontak gerus vir Olivia by 021 851 5582 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri