Teken in op ons YouTube-kanaal en kry so elke keer ‘n kennisgewing van nuwe video’s kliek op hierdie skakel: https://www.youtube.com/channel/UChAVTuuZ0ewy6b_wy6PTZ1g
Bespreek hier vir die dienste in die kerk: https://forms.gle/YMFDbREp33YEhsfc7
Vorm sal op 'n Maandag beskikbaar wees vir die komende Sondag.
Ons arms is nooit leeg nie...
Helderberg Babas ondersteun Werner en Tania Schultz om as tydelike veilige sorg ouers babas in te neem wat sorg en beskerming nodig het. Die babas is babas wat wag op aanneming en ons versorg hulle tydelik totdat die baba wetlik aanneembaar is. Dit kan ‘n tydperk van ongeveer 4 tot 6 maande wees.
Kyk ons terug oor die afgelope jaar, staan ons in verwondering oor die Here se tydsberekening in die tot standkoming van Helderberg Babas. Waar baie bedieninge gedurende die pandemie nie met hulle normale uitreike kon voortgaan nie, was ons in ‘n posisie om babas in nood in te neem en die nodige liefde en versorging te bied.
Sedert Februarie 2020 het ons tien babas in tydelik veilige-sorg geneem, waarvan 2 mikro preemies was wat minder as ‘n kilogram elk by geboorte geweeg het. Vyf van die babas is die afgelope jaar by aanneemouers geplaas, twee is terug na die biologiese families en ’n verdere drie babas wag tans op aanneming. Een van die drie babas, ’n pragtige dogtertjie van drie en ‘n half maande, gaan op Maandag 8 Maart na haar aanneemouers. Op dieselfde dag sal ons ’n nuwe seuntjie wat reeds ‘n maand oud is, in ons sorg verwelkom. Ons sal dan drie seuntjies, almal onder die ouderdom van 7 weke, versorg.>>
Isaac Gama koördineer die werksaamhede van Mosambiek Geletterdheid om te verseker dat daar ‘n langtermyn belegging gemaak word in die kinders van Milange.
Madelyn is die projekleier vir Mosambiek Geletterdheid en om vir Isaac sinvol te kan ondersteun, het ons ‘n projekspan nodig. Twee rolle wat uiters nodig is, is die van Finansiële Bestuurder en Pastorale Versorger. Jy is ook baie welkom om deel van die projekspan te wees om saam te droom, te dink en te gesels.
Indien jy kans sien om van jou tyd en vaardighede aan te bied of meer inligting verlang, kontak asseblief vir Madelyn by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. / 082 222 3599.
Ons kinders kan soos almal nie meer wag om kerk toe te kom nie, maar grendeltyd beperk ons nog huidiglik. Hier is darem nuus oor die jeugaksie:
• Tans is daar ‘n YouTube videodiens waar Frikkie en sy maatjies ons Kiddies en Tekkies nooi om saam te kuier. Daar is ongelukkig nog geen ander jeugaksiebyeenkomste op Sondae nie, kinders is egter welkom om by hul ouers in die kerk te sit.
• Graad 11’s en hul ouers word genooi om Sondagaande om 18:00-18:45 by ons aan te sluit in die Tent. Vanweë die druk skoolprogram sal daar voorlopig geen ander graadgroep byeenkomste in die week plaasvind nie.
• Belydenis van geloof afleggings sal eers weer plaasvind wanneer ons in groter groepe in die kerk kan bymekaarkom. Hou ons kommunikasie dop vir die datums. Enigeen wat later vanjaar belydenis wil aflê, kan die vorm op die Web aflaai of die kerkkantoor kontak.
Navrae: Lizl by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Ons tema vir Sondag 28 Februarie is “God bring heling” en ons teksgedeeltes Jeremia 17:14-17 en 30:17-18. Almal wil graag heel of gesond wees – fisies, emosioneel en geestelik. Ons hou nie daarvan om siek te wees of gebroke te voel nie. Maar ons moet erken dat ons as mense broos is. Heling begin nie eerstens by myself nie. Heling begin by God. Hy is al een wat mense werklik kan heel maak. Hy bring heling vir individue, vir ’n volk en vir ‘n land. In die helingsproses gebruik God ook gewone mense soos ek en jy.
Ons bede is vandag dieselfde as wat die profeet Jeremia in 17:14 bid: “Maak my gesond, Here.” Danie O’Kennedy gaan Sondag meer hieroor praat en die deurkollekte gaan vir Merweville Skoolprojek
Raak deel van ons kuiergroepe waar ons mense met dieselfde belangstellings bymekaar bring. Daar is tans ‘n groep vir stappers, amateur fotografie, kreatiewe kuiers, asook ‘n nuwe tuinmaak groep. Die amateur fotograwe beplan ‘n uitstappie op Saterdag, 6 Maart. Enigeen is welkom om saam te gaan. Vir meer inligting kontak Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..
Tel: 021-851 5582
Noodnommer: 083 988 2003
epos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Bybelstudie
Die skakel vir Donderdag 4 Maart om 09:00 is: https://us04web.zoom.us/j/71108729488?pwd=OXVxYVBYTS9lb2JHd2RLS25SMzR5QT09
Meeting ID: 711 0872 9488
Passcode: Aa12Gr
Wil jy nuus kry op WhatsApp, kliek op hierdie skakel met jou selfoon en word outomaties deel van die groep:
Bid saam met ons vir die volgende mense:
Alta Foster – herstel na val
Mike Basson – gehospitaliseer met longontsteking
Jannie Brewis – gehospitaliseer met bloedklonte in sy longe
Peet Venter – bid vir herstel van Covid
Linda Oosthuyzen – herstel na beroerte
Gerhard van Vuuren – herstel na beroerte
Faan van der Westhuizen – begin weer met bestraling en chemo
Paulie Roux – besig met toetse
Baby Meyer – verswak
Isabel Lubbe – besig om aan te sterk
Esmirelda Beetge – ons dank die Heer vir die goeie vordering in haar herstel proses
Ronelle Foster – ons dank die Heer vir haar totale remissie na beenmurgoorplantings
Rehanna Nolte – bid saam vir haar emosionele welstand
Ons bid vir die matrikulante wie nou groot besluite moet maak tov hul toekoms.
Ons bid vir ons land se leiers vir leiding in hierdie tyd.
Ons bid vir mense in ons omgewing wat tans siek is met Covid en die wat besig is om te herstel.
Rou:
Ons dink aan Helene Swart wie se man Willem Swart oorlede is.
Ons dink aan Madelein Esterhuizen en Lizanne van Zyl wie se suster Reinette oorlede is.
Ons dink aan Theresa Diedericks en familie, haar ma is oorlede.
Ons dink aan Cecil en Meren Harrington wie se dogter, Helene, in ʼn perdry-ongeluk oorlede is.
Moet ons vir jou bid? Laat weet ons asseblief by die kerkkantoor: 021-851 5582 of ontvangs@nghelder.co.za
03.05.2021
Wêreldbiddag vir vroue
03.07.2021
Doop
03.14.2021
Belydenisaflegging
03.21.2021
Menseregtedag
03.28.2021
Groot Lydensweek begin
04.01.2021
Tenebrae ete
04.02.2021
Goeie Vrydag
04.04.2021
Doop
04.04.2021
Paasfees
04.04.2021
Dag van danksegging en verootmoediging
Kliek asb op die skakel hieronder vir meer inligting oor die Covid-19 virus