Dienste word lewendig uitgesaai op YouTube, gaan na YouTube en teken in by Helderberg Gemeente.
Eredienstye (somer):
08:00 Klassieke diens
08:30 Meditatiewe diens
09:00 Hoop (Sitari)
09:30 Informele diens
09:30 Kiddie- en Tekkiekerk
10:00 Helderberg Village
18:00 Tieners
19:00 Aanddiens
Ons doen weer 'n 7 weke reis en dié jaar is die tema: Wat geloof laat groei. Die boekie is by Ontvangs beskikbaar.
Jy begin op 'n Maandag deur die boeke te werk ter voorbereiding van die komende Sondag.
Die boekie kan ook afgelaai word op die rightnow MEDIA toep met hierdie skakel: https://app.rightnowmedia.org/en/join/Helderberggemeente Indien jy reeds die toep het kan jy net gaan na die Helderberg Gemeente se logo.
Navrae: Olivia by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Hierdie jaar val die Groot Lydensweek (24 Maart-31 Mei) en opbou na Paasfees, gedurende die skoolvakansie. Ons wil graag gesinne en families, eintlik enigiemand help om in die week doelbewus tyd met God, jouself en mekaar te spandeer.
Daarom stel ons ‘n Lydensweek-pakkie vir julle beskikbaar om volgende week te kan gebruik. Die Lydensweek-pakkie is so saamgestel dat families tydens die Groot Lydensweek, van Palmsondag tot Opstandingsondag, elke dag ‘n teksgedeelte kan saam lees, saam kan gesels en iets saam kan doen.
Laai dit gerus af op hierdie skakel: https://dinkjeug.co.za/lydensweek-pakkie/ of vanaf ons eie webblad, kliek hier. Daar sal ook vanaf Donderdag by die kerkkantoor pakkies beskikbaar wees.
Lizl Botha
Ek hoor my ma se stem uit my kinderdae nog duidelik: “Hoe sê jy Danie?” dan kom my antwoord: “Dankie tannie!” Ek het altyd gedink my ma wou my net goeie maniere leer. Seker dit ook, maar ek het later tot die ontdekking gekom sy wou my leer hoeveel waarde daarin is om dankie te sê en om met dankbaarheid te lewe. Dankbaarheid genees jou nie net van onvergenoegdheid nie.
’n Dankbare ingesteldheid laat jou stil staan, omdraai en vir God daaragter sien. Tien melaatses is deur Jesus genees en was waarskynlik dankbaar. Een het gestop, omgedraai en dankie gesê. Nege het nie. Een is nie net genees nie, maar ook gered.
Kom luister Sondag na meer hieroor. Dankbaarheid is nie net ’n gevoel nie, dit is ’n manier van lewe.
Sien jou Sondag
Danie Möller
Seniorsorg het ten doel om emosionele en fisiese ondersteuning te bied aan die inwoners van Huis Marie Louw, Zandvliet en Esperanza, asook senior burgers wat nog privaat bly. Dankie aan die gemeente vir die voortdurende ondersteuning en ons nooi almal uit om betrokke te raak deur deel te word van die projek of maandelikse finansiële bydraes.
Ons huidige projek waar jy betrokke kan raak is deur musse en serpe te skenk vir die wintermaande wat voorlê en dit word dan geskenk aan Zandvliet.
Ons herinner julle ook aan ons Borg ‘n Ouma fonds. R50 per maand kan ‘n verskil maak in die maandelikse ondersteuning aan ons ouetehuise deur doeke en toiletware te befonds. Die vreugde en waardering wat die inwoners het vir benodighede wat ons soms as vanselfsprekend aanvaar is so hartroerend om te sien.
Bydraes hiervoor of ander noodsaaklike behoeftes vir seniors, kan in Helderberg Uitreik se rekening inbetaal word: (Helderberg Uitreik, ABSA, reknr: 9114 483 080, takkode: 632005, verwysing: Seniorsorg).
Indien jy graag saam met Seniorsorg die tehuise wil besoek, is jy welkom om ons te kontak.
Anri Marais by 079 639 1331 - Voorsitter Seniorsorg
Ons jongste dogter is 3 jaar oud. As jy saam met haar in die kar ry dan sal jy gereeld hier van agteraf hoor hoe skree sy die name van karre uit as sy hulle sien. Haar gunsteling is ’n Toyota Fortuner en as sy een sien dan skree sy ekstra hard.
Nou, ek weet nie of jy al om jou gekyk het nie, maar in Somerset-Wes is elke derde kar ’n Toyota en elke tweede een ’n Fortuner. Elke keer as sy so uitskree dan weet ek sy het opsetlik gesoek, fyn gekyk en geduldig gewag. En so is dit ook met God. Daar is vele ontmoetingsplekke deur die loop van 24 uur as ek opsetlik soek, fyn kyk en geduldig wag. Soms skree sy “Fortuner” as ons in die middel van nêrens op pad is.
God kom ontmoet ons gereeld in die middel van nêrens. Sommerso in die tussen-in oomblikke van die lewe. So kyk uit. In Genesis lees ons dat Isak vir Jacob ’n seën-gebed gee, maar wat God gee is ’n belofte. Die belofte dat Hy vandag jou sal kom ontmoet. Soek opsetlik, kyk fyn en wag geduldig
Sien jou Sondag.
Groete,
Deon Els
Die Fasiliteitespan is besig om die Kapel op te knap. Kom maak gerus ‘n draai en kyk hoe lyk dit.
Elke Sondag om 08:30 word die Meditatiewe Diens in die Kapel gehou. Was jy al by so ‘n diens? Hierdie Sondag gaan Danie O’Kennedy die diens lei. Jy is uitgenooi na dié diens en dan kan jy sommer kyk hoe lyk die “nuwe” Kapel.
Sondagaand is dit Deon Els wat die Aanddiens behartig. Dit begin om 19:00 en dis nog ‘n geleentheid waar jy ‘n spesiale diens in die Kapel kan bywoon.
Ons hoop om jou Sondag te sien.
Op die foto word daar geverf in die Kapel en sal die naweek klaar wees.
Tel: 021-851 5582
Noodnommer: 083 988 2003
epos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
-boodskappe: 074 271 1589
Facebookgroep
Word gerus deel van ons Facebookgroep met die naam: Helderberg Gemeente gesels lekker
Word deel van ons WhatsApp-groep
Wil jy die skakels na die preke en ander inligting kry op WhatsApp, kliek op die skakel hieronder met jou selfoon en word outomaties deel van die groep:
https://chat.whatsapp.com/HK219PoUcN4LOmoGy4GDt0
Of gebruik die QR kode:
- maak WhatsApp oop
- gaan na settings
- maak die QR kode langs jou naam oop
- scan ons QR kode
Bid saam met ons vir die volgende mense:
Alexander Bekker (3jr) – herstel na operasie aan gesig
Louise Visser – ICU met longontsteking
Issie Ponelis – kanker
Jurie Goosen – voetoperasie
Elmine Stickling – kanker
Jan Brits – operasie (kanker)
Jan Branders – sterk tuis aan
Corius Visser – hartoperasie
Japie Myburg – operasie
Francois Roux – ICU, bakteriële breinvliesonsteking
Wimpie van Dyk – sterk tuis aan na ernstige Covid
Cecilia Lötter – ontslaan uit ICU, sterk tuis aan
Emmie van Tonder – kanker
Susan Crafford – sterk tuis aan
Ek is dankbaar:
- dat ek gered is
- dat ek weet U is altyd met my
- vir ander gelowiges in my lewe
Rou:
Daniel Benade is oorlede, ons dink aan Gerda en familie.
Johann du Toit se ma is oorlede, ons dink aan die familie.
Gerhard Pietersen (leraar van Hoop Geloofsgemeenskap) se ma is oorlede, ons dink aan hom en sy gesin.
Moet ons vir jou bid? Laat weet ons asseblief by die kerkkantoor: 021-851 5582 of onderlingesorg@nghelder.co.za
Toe sê Hy vir die man: “Staan op en gaan! Jou geloof het jou gered.” Lukas 17:19
03.20.2024
Skole sluit
03.21.2024
Menseregtedag
03.21.2024 - 04.02.2024
Skoolvakansie
03.24.2024 - 03.27.2024
Lydensweek
03.29.2024
Goeie Vrydag
04.01.2024
Gesinsdag
04.03.2024
Skole open
04.07.2024
Doop
04.07.2024
Dag van Danksegging en Verootmoediging
04.09.2024 9:00 am - 11:00 am
Helderberg Seniorklub
Liewe Lidmaat
Die POPI inligtingswet is vanaf 1 Julie 2021 inwerking en ons bevestig hiermee dat lidmate se persoonlike inligting veilig hanteer en bewaar word. Lidmate kan dmv ons webblad aansoek doen (kliek hier) om toegang tot hulle inligting te verkry. Vir verder navrae kontak gerus ons Inligtingsbeampte, Grazie Beets, by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Kliek asb op die skakel hieronder vir meer inligting oor die Covid-19 virus