Die Phuket Kinderprojek bied ‘n Thai eet-ervaring ter fondsinsameling vir hierdie nuutste projek van Helderberg Uitreik. Datum is Saterdag 17 Augustus om 18:30.

Die projek ondersteun Asia Center Foundation (ACF) met hulle werk wat hulle onder die weerlose slum-kinders van die Thailandse eiland, Phuket doen. Roelien Muller (direkteur van ACF) is dan ook hier en dit is ‘n uitstekende geleentheid om haar te ontmoet. Sy is ‘n inspirerende vrou met ‘n baie sterk visie en geloof in dit wat hulle daar doen. Sy is ‘n Suid-Afrikaner wat die bediening in Phuket 19 jaar gelede as ‘n enkelouer met ‘n jong kind te midde van groot persoonlike opofferings begin het.

Buiten vir ‘n verskeidenheid Thai-geregte, sal daar musiek wees deur The Gales wat bestaan uit Elzahn Rinquest en Nathaniel Akuetteh. Elzahn het voorheen in een van ons begeleidingsgroepe gespeel en albei het ‘n lang musiek geskiedenis. Lees meer op http://www.thegales.co.za/about-us/. Daar sal ook items wees deur ‘n groepie kinders van Jan Krielskool, vir leerders met spesiale leerbehoeftes.>>

Dit is nie al nie, een gelukkige persoon kan ‘n seildoek-foto wen van Nadia Hoon, wat die foto’s op ons uitreik geneem het. Sien meer van haar pragtige foto’s op www.visualpoetry.co.za.

Kry sommer dadelik jou kaartjie by die kerkkantoor:
R60 - kinders onder 12jr
R100 - senior burgers
R120 - volwassenes

Navrae: Elsa Rinquest 082 308 4643

Top