Ons almal begeer dat dit altyd goed gaan, dat dit mooi weer is, dat dinge maklike en mooi loop. Maar die gesegde sê “Heeljaar sonskyn maak 'n woestyn”.

Daar kom tye in ons lewens waar ons 'n woestyn ervaring het. Party se woestyn-ervaring lê op fisiese gebied, ander finansieel, ander emosioneel en ander geestelik. Party is stukkend en seer in hulle woestyn-belewenis, ander het so 'n irriterende blydskap dat jy hulle wil skop. Maar iewers in jou lewe gaan jy en die woestyn kennis maak.

Ons sien vandag hoe die Israeliete in die woestyn reageer en dan sien ons ook 'n weerspieëling van onsself. In hierdie woestyn-ervaring is daar een ding wat vas staan – God sal jou nooit los nie en hy sal van dag tot dag by jou staan.

Top