As ons dink aan wette dan is dit nie altyd iets wat ons opgewonde maak nie. Gebooie laat ons dink aan die boeie wat die Polisie gebruik om jou vas te sluit as jy drooggemaak het. Dit wat jou beperk, wat keer dat jy doen wat jy wil doen.

Maar as ons oor die tien gebooie praat gaan dit eerder soos die boeie wat ons in die see sien. As die waters rof is en die lig swak is, dan is dit die boeie wat vir jou veilig inlei na die hawe.

As ons besig is met Eksodus dan dink ons baie keer dat dit gaan oor die geskiedenis van die volk Israel. Dit is egter ‘n halwe waarheid. Eksodus gaan in sy diepste oor God wat Homself openbaar, ons leer wie hy is en ons leer sy hart ken.

Dit is nie die God wat ons wil beperk nie, dit is die God wat ons wil begelei sodat ons, alles kan word wat hy bedoel het vir ons om te word. Sodat ons onsself kan uitleef en sy vreugde ten volle kan ken.

 

Top