Ons wens die junior Bybelvasvra-span van De Hoop (hulle is almal lidmate van ons gemeente) hartlik geluk! Hierdie vier graad 5 meisies, loop al ‘n pad saam van byna 3 jaar. Hulle is gekroon as die top juniorspan van regoor die hele land, uit 30 spanne. Dit het plaasgevind oor twee rondtes. Hulle teksgedeeltes vir hierdie afgelope rondte was Lukas 2, asook Eksodus 16, 17, 18 en 19. Beide rondtes het bestaan uit drie afdelings: meervoudige keuse-vra, kortvrae en dan ‘n snelsoek
afdeling.

Wat ‘n wonderlike en lekker manier om so te kon besig wees in God se Woord. Ons is baie trots op julle! Ons bid vir hulle baie seën toe wanneer hulle die volgende twee jaar in die senior afdeling gaan deelneem.

Ek gaan volgende jaar met ’n nuwe graad 3 groepie begin. Enige iemand wat wil betrokke raak en wil help as afrigter, kontak my gerus. Sal lekker wees as ons ’n seun-span ook kan hê.

Lizl Botha 
Op die foto van links: Marli van Zyl, Milah Derks, Judith de Bod en Anné Botha

Top