Ons het Saterdag ons eerste roudiens tydens lockdown gehou. Dit was regtig ʼn baie spesiale geleentheid en ek wil sommer net vir julle my ervaring daarvan deurgee van Mimmie Wetzel se diens.

Toe ek Saterdagoggend by die kerk aankom, was Yolanda Botha besig om op die orrel te speel; vir ‘n oomblik het dit my so onkant gevang – die trane het net begin vloei – dit was so mooi en op daardie oomblik het ek net besef: Ek mis die eredienste. Met Stephan Geldenhuys, Odette Stemmet, Ben Barnard en Lizl Botha se hulp het alles glad verloop. Ons is darem so geseënd by Helderberg Gemeente met die wonderlikste mense. De Villiers se koffie waentjie (Ambeans) en Susan se vriendelike diens was ‘n wenner. Die familie en vriende het so lekker saamgekuier voor en na die tyd. Om vir mekaar dáár te wees, is so ‘n belangrike element van ‘n dank- en roudiens.

Die video van die diens is op Helderberg Gemeente se YouTube kanaal beskikbaar: https://youtu.be/feXc7iLuMyE. Skryf gerus in op ons YouTube kanaal. Die video is ook spesiaal vir die familie en vriende wat nie die geleentheid kon bywoon agv die beperkte getalle toelaatbaar by 'n diens tydens die grendelperiode.

Hannes

Top