Internasionale Studentebediening tydens die pandemie
Omstandighede op kampusse het drasties verander met die virus pandemie en wyses om internasionale studente te bedien, moes aanpassings maak.

Die University World News noem :“Higher education can expect at least 12 months of abnormal conditions from the Covid-19 pandemic.”

Baie is bestee deur internasionale studente aan nagraadse kwalifikasies vir ʼn beter toekoms. Tydens die globale krisis ervaar baie dat hul wêreld omgekeer het. Dit lei tot gevoelens van teleurstelling, verlies en vrees. Baie is besorg oor hul families tuis en fondse vir hul studies.

Internasionale studente het tydens die pandemie baie ondersteuning nodig. Diegene wat nie kon terugkeer na hul lande nie, is in ʼn situasie van isolasie en eensaamheid. Alle mense het behoefte om êrens te behoort in ʼn gemeenskap, waar hulle kontak het met ander mense. Sosiale isolasie en geestelike isolasie kan lei tot negatiewe welsyn van ʼn persoon. Die onsekerheid van ʼn krisis kan beter hanteer word deur ondersteuning van ander.>>

Baie is besorg oor die toekoms en die krisis lei tot ernstige vrae oor lyding en hul eie verganklikheid. Sommige wonder hoekom God lyding toelaat en bevraagteken selfs vir God. Een bron noem; “A massive stressor like COVID-19 can dominate a person’s attention and cause seismic shifts in their beliefs and sense of connection with God( example, viewing God as punishing”.

Baie studente is meer ontvanklik vir die evangelie en dit bied ʼn wonderlike geleentheid om hoop in Christus te deel.

Die internasionale erediens is tydelik gekanselleer, maar sosiale media word benut om die gevoel van koinonia te behou. Bybelstudiegroepe en die erediens ontmoet aanlyn deur die internet. Gedurende die week bly ons in kontak met mekaar deur WhatsApp-boodskappe en so verhoog ons die omgee vir mekaar.
Die boek van Tim Chester, “The Beauty of the Cross - reflections for Lent from Isaiah 52 and 53” het baie vir my beteken. Ek het gereelde oordenkings via WhatsApp gestuur. Ek het ʼn blog geskep om studente te bemoedig: http://lifetogetherinhope.wordpress.com

Fisiese kontak en byeenkoste word gemis met internasionale studente. Mens sou kon oordeel dat die grendeltyd ook ʼn tyd van nuwe geleenthede is. Isaac Newton het van sy grootste wetenskaplike ontdekkings gemaak in 1666, toe Cambridge Universiteit gesluit was vir twee jaar met die groot plaag in Londen. Dis ʼn besondere tyd vir geestelike groei en ’n goeie geleentheid om goeie geestelike gewoontes te ontwikkel.

Ekonome verwag dat die pandemie ʼn groot impak op die ekonomie van lande gaan uitoefen. Die Internasionale Studentebediening is ʼn geloofsbediening wat afhanklik is van donasies van indiwidue en gemeentes. Bid asb. vir God se voorsiening dat die strategiese bediening kan voortgaan.

Baie dankie aan elke donateur vir jul bydraes vir die geloofsbediening. Ons waardeer julle as belangrike vennote in die uitbreiding van God se koninkryk.

Die projekspan benodig persone wat deeltyds kan help met bemarking en fondswerwing. Studente benodig warm baadjies vir die winter. Kontak die projekleier, Hans Krijt by 082 333 8008 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of vir Jurie en Magdaleen Goosen by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Donasies kan inbetaal word by Helderberg Uitreik: Rekening houer: Helderberg Uitreik, ABSA Helderberg, rekeningnommer: 911 4483 080, takkode: 632 005 met verwysing: Intstud en jou van. 

Top