Die Dienssentrum pak tans weekliks 60 kospakkies vir gesinne wat swaar kry weens die inperking.

Wil jy graag help om ’n honger gesin in hierdie tyd te ondersteun? Oorweeg dit om met jou volgende besoek aan die winkel die volgende te koop: 1kg mieliemeel, 1 boks langlewemelk, 500g suiker, 1 kg rys, 1 blikkie sousbone, 1 blikkie soutbeesvleis/pilchards, 1 pakkie sojamaalvleis, 1 klein bottel olie, 1 pakkie tee en 1 pakkie koekies. Individuele items en toiletware is ook welkom. Plaas dit in ’n plastiekwinkelsak en lewer dit Maandag tot Woensdag en Vrydag tussen 09:00-10:00 by die Dienssentrum af. Daar kan spesiale reëlings getref word om besendings van meer as 10 pakkies op een plek op te laai. Individuele items kan ook afgelewer word.

Het jy ’n kospakkie nodig? Stuur ’n e-pos aan die diensssentrum Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. met die onderwerp “COVID-19-kospakkie” en ons sal help met ’n basiese lys lewensmiddele. Versoeke sal diskreet hanteer word.