Die Johenco Tehuis vir Bejaardes op Sutherland is tans die tuiste van 50 inwoners, waarvan 28 erg verswak is. Die Beheerraad en Bestuur se doelstelling is om vir die inwoners bekostigbare verblyf, goeie versorging, menswaardige behandeling en goeie mediese sorg daar te stel, maar die tehuis sukkel finansieel. As gevolg van die droogte kan die inwoners nie bekostig om meer te betaal nie, want hul kinders, wat verantwoordelik is vir die losies, steier onder die uitmergelende droogte.

Helderberg Uitreik se Rampverligtingfonds het in April ’n bydrae gemaak tot die tehuis se kosrekening by die plaaslike winkel, en te danke aan ’n wonderlike skenking sal ons vir die volgende drie maande elke maand R10 000 aan die tehuis kan bewillig.

Bydraes vir droogtehulp kan gemaak word aan Helderberg Uitreik, ABSA Helderberg, reknr. 9114 483 080, takkode 632005, met die verwysing DROOGTE en jou naam. E-pos die bewys van betaling na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. as jy ’n Art 18A-sertifikaat vir belastingverligting wil hê.

Top