Al ons kreatiewe lidmate word uitgenooi om deel te neem aan Helderberg Gemeente se virtuele kunsuitstalling in Julie. Daar is geen tema nie en enige kunsmedium soos skilderye, beeldhouwerk, fotografie en dies meer is welkom. Jy hoef ook nie ‘n professionele kunstenaar te wees nie. Die kunswerke sal in Julie op die gemeente se sosiale media te sien wees en sluit sommer ook aan by die afsluiting van ons Psalms preekreeks.

Vir meer inligting oor praktiese reëlings, koste en inskrywingsvorms kontak Corneille Barnard by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. Ons hoop om jou daar te sien en onthou asseblief – dit is nie net vir professionele kunstenaars nie. Dit is ‘n manier vir ons lidmate om mekaar te leer ken.

“Creativity is contagious – you have to pass it on” - Albert Einstein

Top