“Selfs Covid-19 en ‘n totale lockdown in Indië het haar nie in haar werk gestuit nie”. Helderberg Uitreik se nuuste projek, “Colours of India” is in Maart 2020 registreer met ‘n Suid-Afrikaanse vrou as werker, wat vreesloos en geesvervuld die Evangelie in Indië verkondig. Sy bedien die mees onbereikte mense aan die ooste van Indië. Sy loop ‘n dissipelmakende pad met mense en straal Sy liefde uit. Sy ondersteun ook weduwees en kinders wat weens die kultuur uit die familiekringe uitgewerp word. Haar projekspan wil haar graag ondersteun om hierdie bediening uit te brei om meer mense te bereik en meer dissipels te maak.

Projekleier is Mariana Crook 

Ondersteun die projek deur deel te neem aan ‘n aanlyn kunsveiling van twee pragtige skilderye.
Roelof Rossouw “One of the world’s best living artist” The American Art Awards www.art.co.za/roelofrossouw of Facebook Roelof Rossouw Art
The old Ballet School - olie en akriel - 1000mm x 760mm op doek ongeraam

Anneke Smuts by Facebook Anneke Smuts Artist
Rose - olie - 355mm X 460mm op doek ongeraam

Stuur jou bod voor 31 Julie per e-pos na Mariana Crook by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Skilderye kan besigtig word by Helderberg Gemeente kerkkantoor 

Top