Goeie nuus vir die wat nie lus is vir kook nie. Op 2 Augustus het ons ‘n Wegneem-ete Sondag. Ons gebruik spyseniers in ons gemeente om jul die geleentheid te gee om hul heerlike kos te proe. Daar sal iets vir elke smaak en prysklas wees. Kom ondersteun hulle gerus.

So gaan dit werk:
1. Jy bestel en betaal jou kos voor Donderdag, 30 Julie.
2. Geen kos sal daardie dag verkoop word sonder bestellings nie.
3. Die kosbestellings kan op Sondag, 2 Augustus van 11:00-12:30 afgehaal word by die kerk.
4. Gebruik die Talanja/Kapel parkering – iemand sal jou bestelling kry en na jou motor toe bring.
5. Niemand word toegelaat om hul motors te verlaat nie.
6. Dra asseblief jou masker.
7. Streng Covid-veiligheidsmaatreëls sal geld met die hantering van die kos.>>

Hoe bestel ek?
e-pos jou bestelling voor Donderdag, 30 Julie na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of Whatsapp na 071 400 5652

Hoe betaal ek?
1. Jy kan ‘n EFT doen na NGK Helderberg: ABSA Bank, Somerset-Wes; Rek nr: 2900 590094; Takkode: 632 005; Verwysing: KOS+naam+van
2. Kontant betalings vooraf by die kerkkantoor. Stuur jou kwitansienommer na ons.
3. Betaal per Snapscan: Kies spyseniering

Jy moet asb jou betalingsbewys saam met bestelling stuur vir bevestiging. Jy sal dan ‘n verwysingsnommer kry vir die afhaal van jou bestelling.

Vir enige navrae kontak Corneille by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Top