Helderberg Uitreik sê baie dankie aan al ons donateurs wat die 39 projekte instaat stel om wyd en vêr Jesus se Lig te dra na ‘n wêreld wat smag na hoop. Jou bydrae voorsien mense van kos en klere, dit deel die Evangelie en maak dissipels. Dit bring ook Hoop aan mense wat hoop verloor het deur middel van berading, terapie, mediese sorg en gebed. Dit ontwikkel kinders van kleuters tot hoërskoolleerders, asook volwassenes om hulle potensiaal te gebruik. Dit ondersteun die haweloses en gestremdes. Dit bring hoop aan mense wat deur rampe getref word en dit sorg vir weerlose babas. Dankie vir die verskil wat jy maak deur jou bydrae.

Donateurs van die aangewese projekte wat Art 18A sertifikate benodig, is welkom om met bewys van betaling in Helderberg Uitreik se rekening ABSA Helderberg, Rek nr 9114 483 080, Takkode 632005 ‘n epos te stuur na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. vir jou sertifikaat.

Lees meer oor die projekte, kliek hier.

Top